Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KIMBERLEY: Tydens Agri NK se 45ste jaarkongres wat onlangs in Kimberley gehou is, het Willem Symington in sy presidentsrede gesê, landbouproduksie loop ’n fyn lyn en dit raak al hoe moeiliker om te boer.
Produksie word nie net deur uiterste klimaatstoestande geraak nie. Ander faktore  wat die winsgrens op landbouproduksie laat krimp, veroorsaak dat produsente daagliks groter risiko’s in die gesig moet staar. 
Sy mening is ook dat landbou produ-sente nie meer na waarde geag word in die samelewing nie en as die landbouers nie self gaan begin bou aan ’n positiewe beeld nie gaan dit ’n invloed op die landbou sekuriteit hê.
Hy het egter ook bygevoeg dat die landbougemeenskap van SA bekend is daarvoor om weer op te staan elke keer as hulle ’n terugslag gehad het.


“In SA vertel boere nie hoe swaar ons gekry het in die droogte van die afgelope paar jaar nie, ons vertel eerder vir mekaar wat ons daaruit geleer het  en hoe ons daaruit gekom het. Landbouers in die Noord-Kaap is ook bekend daarvoor dat hulle betrokke raak in hul gemeenskappe  en help om plattelandse gemeenskappe weer op te bou. 
Dit is die voordeel wat die plaaslike regerings tot hul beskikking het, maar nie na behore gebruik nie,” is Willem se mening.
Hy het ook sy wens uitgespreek dat hierdie verhouding met die Departement Landbou asook ander departemente in die komende jaar versterk sal word.
Hannes Bruwer van Hopetown is gekies as die NK Jongboer van die Jaar. Hy gaan later in die jaar teen die wenners van ander provinsies deelneem. 
Marchand Boere-vereniging van Oranje Rivier Landbou Unie, is as die naaswenner in die kompetisie vir die Beste Landbouver-eniging aangewys. Die algehele wenner was Saamvloei landbouver-eniging van Douglas. Foto: Plaas Media.