Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Loslitdag word jaarliks gevier ter ondersteuning van Persone met Gestremdhede.
Verskeie maatskappye, skole en besighede koop jaarliks plakkers om die dag te ondersteun. Die tema vanjaar, (al 30 jaar!) is, “I SEE YOU”. 
Op Loslitdag, 6 September, neem vele besighede landwyd deel om volgens die tema aan te trek ter ondersteuning vir persone met gestremdhede. 
Vooraf word plakkers gekoop wat dan op die dag gedra word. Berenice Bauman kan geskakel word om plakkers te bekom - 087 086 2907 of sel 079 332 3316
Indien u besluit om ‘n vennoot vir verandering te raak, verskaf APD die bemarkingsmateriaal gratis aan u. Dit sluit in volkleur plakkate, “wobblers” en biljette. Bo en behalwe die verkope van die plakkers, kan personeel sowel as leerders aangemoedig word om T-hemde, keppe en hoedjies te koop, om op Loslitdag 6 September 2024, te dra.


Upington APD gaan op 5 September saam met ENERGY LAB Running Company deelneem aan die 1 tot 5 km stap of draf wat elke Donderdag oorkant die Kameel by Just Eat begin.
Kry u plakker en trek kleurvol aan en kom ondersteun die APD. 
Daar is geen inskrywingsfooi nie, maar u kan met aanmelding by APD-lede plakkers en pette of T-hemde koop, sou u APD so wil ondersteun.
* Die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede (NCPD) is ‘n nie-winsgewende organisasie wat jaarliks poog om deur ons LOSLITDAG ‘n verskil te maak in die lewens van persone met gestremdhede.
As die NCPD se vlagskip bewusmakings- en fondsinsamelingsprojek, het Loslitdag gedurende die afgelope 30 jaar gegroei tot die mees prominente en suksesvolle sosiaal-gerigte veldtog in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. 
Daar is sedert 1994 nasionaal meer as R435 miljoen ingesamel wat die lewe van persone met gestremdhede deur die jare op ‘n daaglikse basis leefbaar gemaak het en vir nie regerings organisasies dit moontlik gemaak het om dienste te lewer aan persone met gestremdhede en hul gesinne.