Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Charl Saunderson, ’n boer in die Kenhardt omgewing is vanjaar aangewys as die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur in 2024.  Hy is die derde Noord-Kaap boer in ’n ry, wat hierdie titel inpalm. 
Plaas Media het vanjaar vir die derde keer die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur kompetisie aangebied en elke keer was dit ’n Noord-Kaap boer wat met die louere weggestap het .
Die eerste twee wenners was James Faber van Delportshoop en Piet Roux van Prieska. Vanjaar dra Charl Saunderson van Kenhardt omgewing die kroon. Hy het meegeding teen Paul Collett wat by Cradock boer, en Hendrik Odendaal wie se plaas net buite Standerton geleë is.
Hierdie kompetisie staan onder leiding van dr. Louis du Pisani, ’n bekende weidingkundige. 


Dr. Du Pisanie sê die projek is daarop gemik om erkenning te gee aan veeboere wat passievol is op die bewaring van natuurlike hulpbronne, veral veld en weiding en wat ook bereid is om hul unieke kennis met ander veeboere te deel.
Dr. Du Pisani sê die veeboer word na aanleiding van die volgende 5 pilare beoordeel. Hy het uitgewys wat van Saunderson ’n wenner gemaak het. 
• Veld in ’n goeie toestand: Charl kry dit reg om die effek van droogtes te versag in ’n ariede gebied soos Kenhardt. Sy veld is in ’n uiters goeie toestand ten spyte van droogtes.
• Aangepaste vee en veeproduksiestelsel: Charl se vee en produksiestelsel wat hy oor baie jare ontwikkel het, pas perfek aan by sy wisselvallige omgewing. Die diere is geteel om te produseer en te reproduseer in daardie wisselvallige omgewing.
• Herstel van die watersiklus: Hier kyk dr. Du Pisani veral na kaal kolle in die veld en verdigting van bosse en bome. Die Kenhardt area is bekend vir groot kaal kolle in die veld, maar Charl het dit met verskillende tegnieke gerehabiliteer. Dit is veral die indringing van Prosopis bome wat hy suksesvol bestuur. Hy beheer ook die Driedoring bosse om die watersiklus te herstel sodat daar geen water wegloop nie.
• Goeie finansiële bestuur: Charl se vermoë om sy finansies te bestuur is baie goed.
• Bestuur van droogte-risiko: Kenhardt omgewing is bekend vir twee tot drie krities droogtes elke tien jaar. Charl het pro-aktiewe planne vir elke droogte wat mag kom. 
Volgens du Pisanie verstaan Chal die vyf pilare waarop die bestuur van wisselvallige klimaat gebou word. Dr. Du Pisani was vol lof oor Charl se boerdery tydens die bekendmaking van die wenner van die Klimaatslim Ambassadeur vir 2024 kompetisie.
Charl is egter ook  baie betrokke in die landbou gemeenskap. Hy is tans die onder-voorsitter van die Noord-Kaapse tak van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), is die gasheer van ’n radioprogram op OFM genaamd “Boer dat dit bars met Charl Saunderson”, en is ook ‘n beoordelaar en voormalige raadslid in die Dorper-skaaptelersgenootskap van Suid-Afrika. 
Deel van sy prys is ’n boeredag in samewerking met Plaas Media later in die jaar. Die datums sal bekendgemaak word
    ** Geskryf deur Koos du Pisanie – Plaas Media