Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Dawid-Kruiper-munisipaliteit moet die volle toorn van die wet in die gesig staar nadat die voortdurende dreigement van ‘n stewige boete nie daarin geslaag het om die munisipaliteit te verplig om aan die Wet op die Regulering van die PrivaatSekuriteitsbedryf (PSIRA) te voldoen nie.
Ná die  onthulling oor die munisipale “sekuriteitshek”-skandaal in Maart vanjaar, word daar bewer dat Dawid Kruiper voort gaan om personeel, wat nie by die owerheid geregi-streer is nie, as veiligheidswagte in diens te neem. 
Dit, glo ten spyte daarvan dat PSIRA die munisipaliteit voorheen opdrag gegee het om óf die ongeregistreerde veiligheidswagte te herontplooi óf om hul dienste te beëindig


Dit het, volgens raadslid Albie Van Zyl, verder in ‘n komiteevergadering verlede week aan die lig gekom dat van die munisipaliteit se  sekuri-teitswagte “vuil vingers” het, ‘wat impliseer dat daar kriminele rekords is, wat in die pad staan ​​dat hulle as sekuriteitswagte kan registreer’.
Hy meen raadslede het by verskeie geleenthede ‘n beroep op die munisipale bestuurder gedoen om op vrae te reageer, sonder sukses. 
“Die munisipaliteit het ook gekies om sekere inligting wat verband hou met die nie-nakoming van PSIRA, buite die publieke domein te hou, deur op in-komitee-vergaderings aan te dring.  Benewens ooglopende sekuriteitsbedreigings vir Dawid Kruiper se bates, is die dreigende boete, asook die deurlopende betaling van salarisse aan sekuriteitswagte wat nie geskik is vir die pos nie, niks minder nie as vrugtelose en verkwistende uitgawes.”
Dit is ook ‘n kriminele oortreding om ‘n seku-riteitsdiens te lewer teen beloning, vergoeding, ‘n fooi of voordeel, tensy jy ingevolge die Wet geregistreer is. 
Ingevolge artikel 38(3)(g) van die Wet is verbruikers ook skuldig aan ‘n kriminele oortreding en kan vervolg word vir die opsetlike of nalatige gebruik van die dienste van sekuriteitsonder-nemings wat nie aan die Wet voldoen nie.  Dit beteken dat die individuele veiligheidsbeamptes, benewens Dawid Kruiper, bo en behalwe ‘n boete ook strafregtelike aanklagte in die gesig kan staar.
Daar sal glo ook ‘n versoek na die kantoor van die ouditeur-generaal gerig word, om ondersoek in te stel na die vrugtelose en verkwistende uitgawes wat aangegaan is as gevolg van die betaling van salarisse aan ongeregi-streerde sekuriteitsbeamptes en die boete, sou dit afgedwing word. “Ons sal ook versoek dat die saak met die polisieportefeulje in die parlement, aan wie PSIRA verslag doen, opgeneem word. As die dreigement van ‘n boete Dawid Kruiper nie aanspoor om sy growwe sekuriteitsonreëlmatighede aan te spreek nie, moet strenger optrede dringend oorweeg word,” het  Van Zyl in ‘n persverklaring gesê.