Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK ASKHAM: Die Kalahari and Upington Farmers Association (KUFA ) is onlangs op die plaas Breekduin tussen Groot Mier en Askham gestig.
Daar is die grondwet van KUFA ook onderteken.
Die organisasie het ten doel om as mondstuk vir alle boere in die Kalahari en Upington omgewing op te tree. Om met ondersteuning, maar ook daadwerklik by te dra tot volhoubare boerderypraktyke, die voortbestaan van die boeregemeenskap en voedselsekerheid van die streek te verseker. 


Die bestuur het hul dit veral ten doel gestel om boere wie in die verlede nagelaat is, te verteenwoordig. Met ‘n formidabele bestuurspan wat onder meer vakleiers op regs, finansiële en boerderypraktyke insluit, is dit ook net wat hierdie organisasie heel waarskynlik sal bereik.
Met hul amptelike bekendstelling op 9 November 2024, het hul ledetal reeds 156 sterk gestaan. 
Die getal groei daagliks. Gassprekers by die geleentheid was meneer Brendan Baatjies (provinsiale bestuurder van Landbank), Lilian Senosi (provinsiale direkteur agricultural producer support and development, Department of Agriculture, Environmental Affairs, Rural Development and Land Reform),  Keitumetsi Esiang, (distriksdirekteur, Department of Agriculture, Land Reform and Rural Development), Professor Stanley Peterson (speaker van ZFM Mgcawu Distriksmunisipaliteit), adjudant Jacques Okhuys van Veediefstaleenheid en meneer Kotie Mouton (takbestuurder KLK Rietfontein). 
Die organisasie verwelkom enige skenkings. Persone of instansies wie belangstel kan skakel met Larry Snyders by 063 478 7766 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.