Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Dawid Kruiper Munisipaliteit het onlangs ‘n “spaar water” inisiatief van stapel gestuur. 
Hierdie inisiatief waarsku inwoners dat onverantwoordelike watergerbuik tot ernstige water te korte kan lei. Patrick Williams, kommunikasie hoof vir DKM, verduidelik dat  oor die afgelope twee jaar - die vraag na water skerp gestyg het. Hy sê dit is as gevolg van  vinnige dorpsuitbreiding en geweldige druk op die infrastruktuur.  Gebruiksvlakke oortref die nasionale norme en standaarde - vererger deur ons semi-woestyntoestande. 
“Ons waterbronne, insluitend die Oranjerivier en Kalahari-Oos-pyplyn, het gebruiksgrense wat nagekom moet word. 
As gevolg van hierdie kwessies het die Dawid Kruiper-raad besluit (Spesiale Raadsbesluit 7/10/2024) om ‘n Waterbewaring- en Vraagbestuurstrategie (WCDMS) te implementeer,” verduidelik Williams.


Hy gaan voort om te sê samewerking van alle instansies en inwoners is van kardinale belang om te verseker “dat ons nie ons watervoorsieningstelsel in gevaar stel nie en befondsing vir nodige infrastruktuuropgraderings kan verseker.”
Om hierdie uitda-ging die hoof te bied, onderneem DKM die volgende inisiatiewe om waterverbruik te bestuur en te verminder: - Installering van slim meters vir grootmaat- en residensiële verbruikers.
- Opnames om “omseil meters” in woongebiede te identifiseer.
- Opgradering en uitbreiding van kritieke infrastruktuur - waar die behoefte geïdentifiseer is.
- Herstel van munisipale geboulekkasies.
- Vervanging van grasperke met droogtebestande plante.
- Vinniger herstelreaksie vir pyplekkasies. - Vervanging van ou kleppe.
- Afdwinging van boetes vir meterpeutery.
- Hersiening en aanpassing van tariefstrukture.
Oproepe vir verminderde gebruik “Terwyl ons erken dat water ‘n fundamentele mensereg is, moet ons gesamentlik verantwoordelikheid neem om ons waterbronne te bewaar. Ons word almal aangemoedig om hul waterverbruik te verminder weens veroudering van infrastruktuurstamme en gereelde toevoeronderbrekings.” Fokus asseblief op:
- Maak lekkasies op u perseel reg. - Verseker dat toiletbakke nie lek nie.
- Gebruik ‘n swembadbedekking.  - Gebruik rou water waar toeganklik.
- Aanpassing van besproeiingskedules na slegs saans.
Tans ervaar talle gebiede wateronderbrekings, sommige gebiede ontvang slegs een keer per dag water as gevolg van die gebruikspatrone van omliggende gebiede. Sonder kollektiewe optrede sal die frekwensie en erns van wateronderbrekings toeneem, wat meer gebiede aanhoudend raak.
Die publiek moet ook verseker dat klagtes deur die regte kanaal aangemeld word om te verseker dat klagtes vinnig aangespreek kan word.
Vir verdere inligting, kontak asseblief:
• Mduduzi Mnganga,  waarnemende direkteur: Siviele Ingenieursdienste,
 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.