GEMSBOK-POSTMASBURG: Kumba Iron Ore het onlangs twee opgeknapte parke in Tsantsabane Plaaslike Munisipaliteit - Postmasburg, geopen.
Behalwe dat dit beskikbaar is vir ontspanning en fisiese aktiwiteite, speel parke ‘n noodsaaklike rol in die ontwikkeling van groen sones in stedelike gebiede wat nodig is vir ‘n gesonde omgewing.
Die Punt Park en Postdene Park se fasiliteite is opgeknap deur plaaslike KMMO's, met die installering van heinings, wandelpaaie, banke en ablu-siegeriewe, insluitend hoë mas solar ligte en bome.
By die openingsere-monie van een van die parke het Kumba Iron Ore se Noord-Kaap Hub korporatiewe sake bestuurder, Adriaana Slambert, die gemeenskap versoek om na die parke om te sien en om nie die fasiliteite te vandaliseer nie.
“Parke is belangrike ekologiese bates wat nie net vir mense voorsiening maak nie, maar ook vir diere en plante. Die opgraderings wat aan hierdie fasiliteite gemaak is, is belang-rik vir die ontwikkeling van die gebied, aangesien dit die gemeenskap sal toelaat om bymekaar te kom. Kom ons is trots op hierdie belegging, want dit is iets wat vir die gemeenskap gedoen word, wat deur die gemeenskap bestuur sal word.”
“Laat ons wegbly daarvan om die parke om selfsugtige redes te gebruik, aangesien dit aan die gemeenskap behoort en almal moet akkommo-deer,” het mev. Helena English, uitvoerende burgemeester van Tsantsabane Plaaslike Munisipaliteit gesê.
“As deel van die bedryfs- en instandhoudingsmodel sal die parke deur plaaslike burgerlike samelewingsgroepe onderhou word deur middel van ‘te huur’ toerus-ting soos klankstelsels, sambrele en springkastele wat namens hulle aangekoop is, om te help met die generering van bedryfs-inkomste en fasiliteits-bestuur.”