Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Heelwat vermaak is reeds gereël vir vanjaar se Expo wat vanaf 29 - 31 Mei gehou word.
Die Noord-Kaap Arabierperd Streekskou word van die Donderdag tot die Saterdag gehou. Die Upington Western Mounted Gamesklub sal ook weer hul gewilde vertoning die Saterdagmiddag lewer.
Michael Lindt, wat bekend is as omroeper by die skou, gaan as seremoniemeester en aankondiger optree.
Hy sal ook die gaskunstenaar by die Bejaarde Funksie wees, wat soos gewoonlik, die Donderdagoggend aangebied word.
Wat die sangers aanbetref, gaan Armand Steenkamp, Ryno Velvet en Loufi Vrydagaand optree.


Armand Steenkamp spits hom toe op oorspronklikke afrikaanse musiek, met rolmodelle soos Worsie Visser en Zak van Niekerk sy ou buurman kan hy mos nie verkeerd gaan nie. Armand tree gereeld by feeste en skoue op en met liedjies soos, Lekker ou Struis; Johanna van Saldana; Blou Diamant, Oom Boetie sê dis ‘n Meermin en nog meer, sal sy optrede vol lewe wees.
Jean-Luc Handel, professioneel bekend as Loufi, is ‘n Port-Elizabeth-gebore kunstenaar wat opslae maak in die Suid-Afrikaanse musiektoneel. Loufi is ‘n passievolle, hardwerkende en selfgedrewe individu wat met alle soorte klanke eksperimenteer, want, in sy woorde, “musiek breek hindernisse”.
Met ‘n eiesoortige klank wat beide nuut en oorspronklik is, het Loufi se musiek ‘n spesiale kwaliteit wat dit onderskei van die musiek van sy tydgenote. Loufi se kennis van die vermoë van musiek om mense te verenig, op te hef en te inspireer kom natuurlik vir hom as musikant.
Sy bekende liedjies is Liewe Genade, Boude, Wit skoene en Doef Doef.

Irene-Louise van Wyk gaan Saterdag-aand sing en ook Saterdagoggend ‘n  motive-ringspraatjie lewer met di tema, “Die ware ek”. Dit is ‘n diep persoonlike weergawe van haar lewe, stryd en triomf. Sy praat openlik oor haar  gevegte met depressie en oor die tragiese verlies van haar ma.
Ten spyte van “online bullying”, “body shaming” en persoonlike swaarkry, beklemtoon sy selfaanvaarding, veerkragtigheid  en ook die belangrikheid van geestelike gesondheid. Haar boodskap is een van hoop, wat ander aanmoedig om hul ware self te omhels en nie deur hul stryd gedefinieer te word nie.
Irene spog met ‘n paar treffers soos Tekkies Brand; My Volgende Fout saam Jay; Hou Jou Hande Van My Lyf af; Sjampanje; Vergeet Van My; Reguit dans en nog baie meer.
*** Die Upington Landbou Expo het ook nou 
‘n splinternuwe Facebookblad. 
Volg die blad op https://www.facebook.com/upington.landbou.expo.amptelik.vanaf.2025?mibextid=ZbWKwL