Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Die Kiosk by die dr Harry Surtie Hospitaal het nou ‘n nuwe blaadjie omgeslaan.
Wiliana Orffer en haar sus, Friedl Engelbrecht  het nou die kiosk oorgeneem en sommer nuwe lewe in die kiosk by die hospitaal geblaas.
Besoekers, dokters en personeel sal nou kan smul aan heerlike ligte etes. JamJar se twee plaaslike regterhande is Amanda Semmo en Melody Poya. Saam gaan die vier dames heerlike kos soos o.a. toebroodjies, slaaie, wraps en skyfies aan hul kliënte bedien.
JamJar is ‘n geriefswinkel waar jy allerhande benodigdhede kan koop wat jy sou nodig kry vir ‘n familielid in die hospitaal,  asook ‘n groot verskeidenheid koeldranke, chips, lekkernye ensovoorts.
Pasiënte wat verskillende klinieke besoek of wag vir die ambulasbussie om hulle te kom haal, kan nou tot 20:00 saans by JamJar iets te ete koop. 
Die Kiosk is die hele week oop. Die besigheidsure is as volg:
Maandae -Vrydae vanaf 08:00 20:00.
Saterdae, Sondae en publieke vakansiedae vanaf 11:00 tot 16:00  en Sondae.

 


Behalwe lekker ligte etes, kan hier ook allerhande ander geriefsbenodigdhede by die kiosk gekoop word.

UPINGTON: “Ons was vir 52 jaar baie gelukkig getroud. Sy was my vertroueling, my vrou, my al’s. Ek het net daardie gevoel gister (29 Okt.) gekry dat my vrou nie weer huis toe kom nie”. Dit was die woorde van Frederick “Tol” Louw, eggenoot van Sarie Irene Louw, wat Woensdag (30 Okt.) omstreeks 05h50 skielik oorlede is in die Harry Surtie-hospitaal. 
Sarie (77) was die tweede oudste dogter van wyle Gert en Bonnie Pretorius van Upington. Sy is die suster van die vryskutjoernalis Nick Pretorius. 
Louw en haar man Tol (74) het op ‘n stadium saam skool gehou by die Primêre Skool Swartkop-Oos waar hy die prinsipaal was. Sarie was ‘n toegewyde en hardwer-kende onderwyseres by die Laerskool Grootdrink vir meer as tien jaar. 
Met haar tweede swangerskap in 1979 het sy uit die onderwys bedank. Sy het sterk Christelike waardes in haar gesinslewe uitgeoefen en haar onwrikbare geloof was onlosmaaklik deel van haar geseënde en suksesvolle lewe as ‘n geliefde eggenote, moeder, suster, ouma en vriendin. 

Read more …Oud-Upingtonner oorlede

GEMSBOK-GROBLERSHOOP:Die harde en ondankbare werk van die burgerlike organisasies “A Kheis of Hope”, het die afgelope week vrugte afgewerp, toe hulle eerste saamgepersde baie vullis uit die dorp weggery is.
“A Kheis of HOPE” het uit kla en ontevredenheid tot stand gekom, toe ‘n paar ontevrede vroue nie langer die verval in hul dorp wou aanskou nie. 
Sedertdien is dit egter nét ‘n positiewe organisasie. Die doel is om mense weer hoop te gee en te laat glo dat almal ‘n verskil kan maak.
“Hoop met aksie”, is die saadjie wat geplant is en die reaksie van die brëe gemeenskap was oorweldigend.

Read more …“A Kheis of HOPE” inisiatief werp vrugte af

GEMSBOK-KAKAMAS: Só het deure vir Annalie Mans en Nicolene Jordaan oopgegaan, twee vrouens en mammas wat altwee ‘n droom gehad het.  
Die twee passievolle vrouens het die 2de September 2024 Cafè Zibâ oorgeneem.  ‘n Nuwe seisoen met nuwe dinge.
Cafè Zibâ is geleë in die hoofstraat van Kakamas, oorkant die skole en besighede en leen hom daartoe om ‘n diens te lewer aan die gemeenskap en toeriste.
Hierdie dienste behels ‘n klein kunsgallery, geskenke, vars gebak, funksies soos verjaarsdae, dope, begrafnisse, vergaderings, ‘platters’, partytjies, ooievaartee’s en vele meer. Met hulle verskeidenheid op die spyskaart is dit ‘n moet om ‘n draai te gaan maak.

Read more …Cafè Zibâ hou ‘n Liggiefees

GEMSBOK-UPINGTON: Die planne om ‘n skool vir leerders met spesiale behoeftes te stig, vorder goed.
Met heelwat positiewe verwikkelinge, is die komitee, om die Monica Gerhard Skool vir kinders met spesiale behoeftes te stig, nou vuur en vlam om ‘n geskikte perseel te vind vanwaar die skool aangebied kan word.
Die aksiekomitee het reeds die maatskap gestig. Hulle is besig om hul bankrekening te finaliseer en dan moet die geskikte perseel verkry word.

Read more …Monica Gerhard Skool - planne om skool te stig, loop vlot

GEMSBOK-SPRINGBOK: Die Kangnas-windkragaanleg het onlangs met die Namakwa Sportraad saamgewerk om 'n reeks opwindende rugby- en netbaltoernooie wat regoor die Namakwa-streek gehou is, te borg.
 Die borgskap, wat medaljes, trofeë en prysgeld verskaf het, het ten doel gehad om die toewyding en prestasies van die streek se talentvolle atlete te erken en te vier.
“Sport is 'n noodsaaklike hulpmiddel vir beide jeug- en gemeenskapsontwikkeling. Dit kan toeganklike geleenthede skep, sosiale eenheid aanmoedig en ontspanningsruimtes bied vir persoonlike groei en sosiale interaksie. Boonop stimuleer hierdie toernooie plaaslike ekonomiese groei deur toerisme en geleenthede, terwyl gemeenskapsleiers en vrywilligers ontwikkel word,” sê Rouchet Daniels, ekonomiese ontwikkelingsbestuurder van Kangna-windkragaanleg.

Read more …Sport speel belangrike rol vir ‘n gesonde leefstyl

GEMSBOK-SPRINGBOK: In ‘n beduidende stap om openbare veiligheid en dienslewering te verbeter, het die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit ‘n pro-aktiewe stap geneem om sy straatlig-agterstand op te los deur 1 000 gloeilampe aan te koop.
Die grootmaataankope, moontlik gemaak deur die vrygewigheid van plaaslike besighede en individue, kom teen geen koste vir die munisipaliteit nie – ‘n bewys van gemeenskapsgees en samewerking.
Rodney Kritzinger, burgemeester van Nama Khoi, het sy dankbaarheid teenoor die koalisieregering en plaaslike belanghebbendes uitgespreek vir hul ondersteuning in hierdie inisiatief.
“Ek waardeer die koalisie se ondersteuning vir hierdie inisiatief wat duidelik toon dat die Nama Khoi-koalisie daartoe verbind is om gemeenskapsdoelwitte te bereik, selfs onder ernstige finansiële beperkings,” het hy gesê.

Read more …Noord-Kaap munisipaliteit verlig pad met 1 000 gloeilampe

GEMSBOK-KAKAMAS: Ernestine Sharon Michelle Daters  van Green Valley Nuts was die algehele wenner in die Agri Presteerder 2024 kompetisie.
Sedert 2010 het die Oranjerivier Produsente Alliansie (ORPA) die eerste kompetisie in die Benede Oranjerivier-streek gehou.  Orffer & van der Merwe Human Resource Practitioners het weer die kompetisie behartig saam met ‘n span beoordelaars.  Die prysuitdeling, bygewoon deur die verskillende plase se landbouwerkers, bestuurders en eienaars, asook die hoofborge van Sanlam.
Marius Orffer het tydens die prysuitdeling gesê dat daar verlede jaar 71 inskrywings was, hierdie jaar was daar 112 inskrywings, wat 58% toename is.  Hy het al die eienaars en  bestuurslede van elke plaas bedank wat hierdie jaar hulle personeel genomineer en ingeskryf het.

Read more …Agri presteerder van 2024

GEMSBOK-UPINGTON: Soos almal reeds bewus is het die NG Kerk Upington-Wes laasjaar 'n baie geslaagde Poppiedag Herdenkingsdiens gehou en beoog om die jaar nog meer mense te trek.  ALLE huidige dienende lede in enige van ons Magte en hul families asook all veterane met hul families word dus hartlik uitgenooi. 
Poppiedag word Wêreldwyd herdenk op die 11de van die 11de maand elke jaar of dan die naaste Sondag aan die 11de. Met die diens gee ons erkenning aan almal wat tydens oorlog konflik gesterf het maar betuig ons ook dankbaarheid teenoor die Vader vir hulle wat veilig kon terug keer na hul geliefdes. 

Read more …Poppiedag gedenkdiens by NG Upt-Wes

GEMSBOK-UPINGTON: Gesinsman, kerkman, sportman, gemeenskapsmens en onderwyser. Só kan mens Japie Orange kortliks opsom. 
Jacobus Orange (72) is Vrydagoggend omstreeks 04h00 in die hoë-sorgeenheid van die Upington mediese sorgsentrum oorlede ná ‘n kort siekbed van vier maande. 
Hy was ‘n oud-leerder van die Hoërskool Carlton-Van Heerden waar hy in 1970 gematrikuleer het. 
Sy onderwysopleiding het hy aan die Hewatt kollege in Kaapstad voltooi. 

Read more …Oud-onderwyser word so onthou

GEMSBOK-UPINGTON: ’n 46-Jarige man, wat daarvan beskuldig word dat hy hom as ’n prokureur voorgedoen het, het homself vandeesweek in die hof bevind  - nadat hy deur die Rosedale-speureenheid gearresteer is.
Freddie van Wyk staan ​​tereg op ernstige aanklagte, waaronder sewe aanklagte van geldwassery en een aanklag van kubermisdaad.
Omphile Masegela, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, het onthul dat Van Wyk hom na bewering as ‘n prokureur voorgedoen het en sy slagoffers mislei het deur te beweer dat hy regsverteenwoordiging in arbitrasie-aangeleenthede teen ‘n fooi verskaf. 
Om sy beweerde bedrieglike aktiwiteite te bevorder, het hy homself valslik voorgestel as ‘n lid van die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa), en beweer dat hy gemagtig is om vakbondlede in arbitrasie- en Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) aangeleenthede te verteenwoordig. 

Read more …Man wat hom voordoen as prokureur en vakbondverteenwoordiger in hegtenis geneem vir bedrog

‘n Man wat geen inleiding nodig het nie. Sy merkwaardige loopbaan getuig van sy besonderse bydraes tot die wêreld van landbou. Johannes Fourie dien al sedert 2000 op Raisins SA se direksie en is spreekwoordelik voor in die koor met gesprekke wat die vooruitgang van internasionale landbouprodusente aanhits. 
Bo en behalwe sy onuitputbare passie en liefde vir boer, staan sy nederige hart en warm glimlag altyd uit. 
Johannes het al telke male groot rolle beklee, onder meer as direkteur van SAD, voorsitter van Dried Fruit Technical Services (2005 tot DFTS se samesmelting met Hortgro) waarna hy die voorsitter was van die nuutgevonde Raisins SA en hy het vir twee termyne gedien as voorsitter van die International Raisins Association. Hy staan plaaslik ook bekend as voorsitter van die Groblershoop Agricultural Association en dien op die bestuur van Agri Noord-Kaap. 

Read more …Noord-Kaap boer vereer