GEMSBOK-UPINGTON: Nadat ‘n foto van Sophie Van Wyk, wat voor ‘n bekende kettingwinkel in Upington in haar rolstoel sit - menigte internet gebruikers warm onder die kraag gehad het - het Gemsbok na Shoprite uitgereik om agter die kap van die byl te kom.
In die foto kan jy duidelik sien dat beton pilare aangebring is - wat rolstoel toegang tot die winkel verhinder.
Shoprite het intussen as volg reageer:
Die supermark het twee kliënte-ingange, waarvan een toegerus is met ‘n rolstoeloprit.
Pilare is onlangs by die ander ingang geïnstalleer - om voortdurende trollieverliese te help beperk.
Ons is sedertdien bewus gemaak dat rolstoelgebruikers dikwels verkies om die ingang te gebruik waar die pilare onlangs geïnstalleer is. Ons het onmiddelik opgetree en ons kontrakteurs het sedertdien ‘n gedeelte verwyder om onbeperkte toegang toe te laat.
Ons vra om verskoning vir enige ongerief of nood wat dit mag veroorsaak het. Om toeganklikheid te verseker, is ‘n prioriteit en ons hersien aktief alternatiewe oplos-sings wat trollieverlies voorkom sonder om toegang vir enige iemand in die gedrang te bring.