Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Sedert 1970 lewer Trans Oranje Drukkers ‘n omvattende drukkersdiens aan die Upington-omgewing en Noord-Kaap. 
55 Jaar later vloei die ink nog sterk deur die are van hierdie besigheid. 
Hierdie drukkery spesialiseer in lithografiese drukwerk met hoogs opgeleide personeel met etlike jare diens. 
Sedert die laat 
negentigs is die maatskappy voortdurend besig met die opleiding van vakmanne deur die Suid-Afrikaanse Drukkerskollege met verskeie top studente.
‘n Goed opgeleide werksmag is noodsaaklik en daarom bly die deurlopende verbete-ring van vaardighede en die bemagtiging van die werksmag ‘n prioriteit vir die maatskappy. 
Die drukproses, veral lithografie, is ‘n baie gespesialiseerde proses om die gewenste eindproduk te kan lewer.


Twee nuwe toevoegings tot die lithografiesetoerusting is ‘n digitale drukpers en ‘n digitale etiketdrukker wat geskik is vir kleiner hoeveelheid volkleurdrukwerk.
Die ontwerp en druk van etikette wat selfkleef en kouebestand is, is geskik vir slaghuise, bakkerye, tuisnywerhede, padstalle, rosyntjieverpakking, wynbedryf, biltong, water en skoonmaakmiddels. Ook barcode-etikette en etikette vir spesiale geleenthede soos vir troues en begrafnisse. 
Trans Oranje Drukkers het ‘n gemotiveerde bemarkingspan wat bygestaan word deur toegewyde admin-personeel wat ‘n volledige diens verskaf van die ontwerp, druk tot die aflewering van die eindproduk. 
Die bemarkingspan is Johan Oelofse, Juanita Goussard en Johan Swie-gers wat verbind is om lang en standvastige verhoudings met kliënte te bou en op hoogte te bly van elke kliënt se behoefte. Oor die jare is daar al noue bande met kliënte gevorm deur gereelde besoeke. Die hoofdoel is om kwaliteit drukwerk betyds te lewer.
Die produkte is nie-standaard en word ontwerp en aangepas volgens die kliënt se behoeftes. 
Die kwaliteit ontwerpe gaan jy nie sommer deur ‘n selfoon-toep vervang kry nie! 
Maak gerus kontak met die bemarkers by tel 054 3323 191, 
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Van die spesialisdienste sluit in, grafiese – en dokumentontwerp. 
Ons bied die volgende drukprodukte:
Visitekaartjies
Maatskappyprofiele
Brosjures
Nuusbriewe
Feesblaaie en sportprogramme
Sertifikate
Kalenders
Tafelkalenders; Dagboeke
Sakdagboekies; Stempels
Spyskaarte
Genommerde kompetisieboekies
Besigheidsdokumente soos kwitansies, 
faktuur-, bestel- en ontvangsbewysboeke
Lêers vir kliënte, pasiënte en voorleggingslêers
Drukwerk vir die medici.
Dan ook veiligheids en inspeksieboeke vir die mynindustrie.
Digitale publikasies en ontwerpe wat per sosiale media gedeel kan word, word ook hier gedoen.