Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-ASKHAM: ‘n Kompetisie is onlangs gereël om die grasse van die Kalahari van naderby te bekyk wat vanjaar so volop en uitbundig voorgekom het. 
Die skoolkinders van Askham wou die grasse sommer van vroeg in hulle lewe leer leer ken. “Dié grasse voed die vee waarmee ons ouers dan geld verdien om vir ons as kinders te sorg en vir ons opvoeding te betaal”. Dit is dus nie minder as reg, dat ons hulle sal leer ken nie”. 


Met groot entoesiasme het die jongspan, grasse versamel, gedroog, gemonteer, name gegee en ook die gebruikswaardes beskryf. Pa en Ma en grasboeke is gebruik. 
Kenners is ook genader en gou was dit ‘n hele gedoente op plase in die Kalahari. Een outjie het gesê “Suurgras is glad nie so sleg want my Pa sê so.” Die versamelings moes oor groot afstande na Askham gebring word, waar dit beoordeel is. 
Nico de Wet, ‘n oud-landbouvoorligter, was die beoordelaar terwyl Elodi Naude van Diamond T faam die organisasie gedoen het.
Die wenners was :
1ste. Sarel Burger (7jaar)       2de. Remé Human (12jaar)
3de. Dinay Marais (14jaar).  Borge het ingestaan vir goeie pryse
Daar word be-oog om dit volgende jaar te herhaal, siende dit ‘n groot sukses was.

 


Foto 1. 

Foto 2