Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: Die rampbestuur van die ZFM distrik en die humanitêre organisasie Gift of the Givers, het verlede week  kospakkies, komberse, klere en ander noodsaaklike materiaal uitgedeel aan gemeenskappe wat deur die onlangse  storms getref is. 
Die uitreik is gelei deur die uitvoerende burgemeester van die ZF Mgcawu Distriksmunisipali-teit,   Maryna Basson, saam met die uitvoerende burgemeester van die Dawid Kruiper Munisipaliteit,  David Kazi,  asook ander rolspelers. Hierdie kritieke noodlenigingspoging het ook uitgebrei na die gemeenskappe van die Kai !Garib Munisipaliteit, om te verseker dat behoeftiges onmiddellike ondersteuning ontvang.

Read more … ZFM en Gift of the Givers reik uit na stormslagoffers

GEMSBOK-KURUMAN: VLV Sirkel Kalahari het op Woensdag 5 en Donderdag 6 Maart  hul 92ste jaarlikse Sirkelkonferensie, met die tema: “Kleur jou Lewe”, by Klondike Lodge buite Vryburg gehou. 
Sirkel Kalahari bestaan uit drie takke en ‘n totaal van 80 lede, naamlik Vryburg (18 lede), Kuruman (50 lede) en Reivilo (12 lede). 
Tydens die geleentheid is die sirkel se nuwe projek, “Koester ons Taal”, van stapel gestuur - ter viering van Afrikaans wat 100 jaar gelede as amptelike landstaal erken is. 
Op 8 Mei 2025 hou Sirkel Kalahari hul Inligtingsdag in Vryburg en die datum is juis gekies om hierdie spesiale dag te herdenk.

GEMSBOK-UPINGTON: Die NK Departement van gesondheid het, kort nadat hulle by die menseregte kommisie aangekla is vir hulle “gebroke ambulans floot”, dat  nuwe ambulanse, meer noodsorgpersoneel en uitgebreide lugdienste op die horison wink. 
In ‘n persverklaring die afgelope week, het die departement 22 nuwe ambulanse, 100 nuwe noodpersoneel,  en uitgebreide lugdienste asook ‘n 
verhoogde prestasiedoelwit van tussen 50% en 60% vir prioriteit een noodreaksies aan die provinsie beloof. 
Dit volg kort op die hakke van ‘n persverklaring, wat daarop gedui het dat rolspelers ‘n klagte teen die departement by die menseregte kommissie aanhangig gemaak het, juis omdat sy ambulans floot ‘half en gebroke’ is.

Read more …NK beloof nuwe ambulanse - kort na MRK klagte

GEMSBOK-UPINGTON: SANBS het onlangs hul 2023 mylpaal skenkers vereer tydens ‘n gesellige Medaljefunksie wat onlangs in die saal van Hoërskool Upington gehou is.
SANBS personeel sowel as Zone Donor bestuurder, Paul Coetham, asook lede van die Donor komitee en skenkers het die funksie bygewoon. 
Verskeie mylpale is behaal bv. Klub 25 (20 skenking voor ouderdom 25 jaar oud), 50, 100, 125, 150 en 200 skenkings.
“Ons bedank elke liewe skenker vir hul volgehoue ondersteuning en moedig nuwe skenkers aan om deel te word van hierdie familie van lewensredders, het Hendrieka Beukes (donor relations practitioner Upington) gesê.

Read more …SANBS vereer hul 2023 mylpaal skenkers

GEMSBOK-UPINGTON: Orffer & van der Merwe het weer, vroeg in Maart, sy jaarlikse opvoedkundige bedryfstoer vir junior bestuurswerknemers van tafeldruif produsente in die Benede Oranjeriviergebied aangebied.
Die doel van hierdie besoek is om toerlede die geleentheid te bied om die bedryf in die Wes-Kaap te verken en hulself te meet en te leer uit ervarings en suksesse van ander produsente, diensverskaffers en ander belanghebbendes. 
Dit word bereik deur toerlede aan sekere verwante bedrywe in die Wes-Kaap voor te stel en om hulle na plekke te neem waar hulle verwy-singsraamwerk verbreed kan word.

Read more …Landbou bedryfstoer aan Wes-Kaap insiggewend

GEMSBOK-PRIESKA: Doornfontein Landbouvereniging op Prieska bied op 27 Maart, in samewerking met Beefmaster Voerkrale buite Christiana, ’n boeredag aan op Prieska. 
Die dag spruit uit die behoefte van talle beestelers wat meer inligting wil hê oor die vereistes wat voerkrale stel aan die soort bees wat hulle wil koop en die bestuur van Doornfontein landbouver-eniging het besluit om hierdie inligtingsdag aan te bied.
Beefmaster Voerkraal is een van die gereelde aankopers van beeste in hierdie omgewing en soos alle voerkrale het hulle bepaalde vereistes hoe die dier moet lyk om inpas te wees met die standaard wat Beefmaster weer aan abattoirs verkoop.

Read more …Boeredag op Prieska om die draai

Vir die tiende seisoen van kykNET se gewilde koswerklikheidsreeks Kokkedoor, trek die program nie net ’n ander voorskoot aan nie, maar kry ook twee nuwe beoordelaars. 
In sy volgende gedaante gaan die reeks as Kokkedoor: Son & see bekend staan, terwyl die koskenners Herman Lensing (37) en Yolani Abrahams (32) gaan besluit watter deelnemers koning kraai.
kykNET soek nou na deelnemers vir die reeks, wat in November en Desember ’n hoofgereg op die kykNET-spyskaart gaan wees. 
Kokkedoor: Son & see is die vyfde gedaante van die Kokkedoor-familie, waarvan die huidige reeks, Kokkedoor: Vuur & vlam, tans op kykNET uitgesaai word. Buiten Kokkedoor, wat in 2012 vir die eerste keer voorgesit is, en Kokkedoor: Vuur & vlam, was daar ook Koekedoor, Kokkedoortjie en Koekedoortjie.

Read more …Kokkedoor trek ’n ander  voorskoot aan en soek nuwe kossterre 

GEMSBOK-UPINGTON: Die Dawid Kruiper Munisipaliteit het onlangs ‘n “spaar water” inisiatief van stapel gestuur. 
Hierdie inisiatief waarsku inwoners dat onverantwoordelike watergerbuik tot ernstige water te korte kan lei. Patrick Williams, kommunikasie hoof vir DKM, verduidelik dat  oor die afgelope twee jaar - die vraag na water skerp gestyg het. Hy sê dit is as gevolg van  vinnige dorpsuitbreiding en geweldige druk op die infrastruktuur.  Gebruiksvlakke oortref die nasionale norme en standaarde - vererger deur ons semi-woestyntoestande. 
“Ons waterbronne, insluitend die Oranjerivier en Kalahari-Oos-pyplyn, het gebruiksgrense wat nagekom moet word. 
As gevolg van hierdie kwessies het die Dawid Kruiper-raad besluit (Spesiale Raadsbesluit 7/10/2024) om ‘n Waterbewaring- en Vraagbestuurstrategie (WCDMS) te implementeer,” verduidelik Williams.

Read more …DKM sê oor hul “spaar water” inisiatief

GEMSBOK-POSTMASBURG: Kumba Iron Ore het onlangs twee opgeknapte parke in Tsantsabane Plaaslike Munisipaliteit - Postmasburg, geopen.
Behalwe dat dit beskikbaar is vir ontspanning en fisiese aktiwiteite, speel parke ‘n noodsaaklike rol in die ontwikkeling van groen sones in stedelike gebiede wat nodig is vir ‘n gesonde omgewing.
 Die Punt Park en Postdene Park se  fasiliteite is opgeknap deur plaaslike KMMO's, met die installering van heinings, wandelpaaie, banke en ablu-siegeriewe, insluitend hoë mas solar ligte en bome.
By die openingsere-monie van een van die parke het Kumba Iron Ore se Noord-Kaap Hub korporatiewe sake bestuurder, Adriaana Slambert, die gemeenskap versoek om na die parke om te sien en om nie die fasiliteite te vandaliseer nie.

Read more …Parke opgeknap vir almal om te geniet

GEMSBOK-UPINGTON: Heelwat vermaak is reeds gereël vir vanjaar se Expo wat vanaf 29 - 31 Mei gehou word.
Die Noord-Kaap Arabierperd Streekskou word van die Donderdag tot die Saterdag gehou. Die Upington Western Mounted Gamesklub sal ook weer hul gewilde vertoning die Saterdagmiddag lewer.
Michael Lindt, wat bekend is as omroeper by die skou, gaan as seremoniemeester en aankondiger optree.
Hy sal ook die gaskunstenaar by die Bejaarde Funksie wees, wat soos gewoonlik, die Donderdagoggend aangebied word.
Wat die sangers aanbetref, gaan Armand Steenkamp, Ryno Velvet en Loufi Vrydagaand optree.

Read more …Upington Landbou Expo: 29 - 31 Mei

Wat is nou lekkerder om met die reuk van reën in die lug om 03:00 met ‘n vete-raanmotor vanaf Upington na die jaarlikse George Motorskou te vertrek – ‘n tog van ongeveer 14 ure. 
Dit is wat ‘n groep van 19 entoesiaste van die Kalahari Oumotorklub (KOMK) op Vrydag 7 Februarie 2025 ervaar het. Die modus operandi na vertrek was allermaal dieselfde – stop in Groblershoop vir brandstof, buite Prieska met eerstelig om bene te rek, weer brandstof in Britstown, groot ontbyt 10 kilometer anderkant Britstown met koue skaapnekke, frikkadelle en allerhande lekkernye, Beaufort-Wes vir brandstof, Mei-ringspoort by die waterval vir middagete, 
Oudtshoorn vir klein herstelwerk aan David van der Merwe se bakkie, dan oor die Robinsonpas tot op die terrein van die Eden Tegniese Skool in George waar die Motorskou jaarliks gehou word. 

Read more …Rekordgetal veteraanmotors van KOMK besoek George Motorskou

GEMSBOK-UPINGTON: Timothy van der Westhuizen recently published his first book, “Desert of Faith, ” in Kindle format.
Timothy moved to Upington two years ago.
He started this book in 2017 and says it was a bit difficult to write. “In 2020 Covid 19 came and my Mom passed away and I continued to write. This book has some of my own challenges that I faced in life and how God helped me through each and every time,” says Timothy.
“I hope you enjoy this book as much as I had the time to write it.”

Read more …Author’s first book, “Desert of Faith” is a heartwarming story about second chances