GEMSBOK-KAKAMAS: Mev. Hendrina Bruwer begin 6 November 1989 werk by Kokerboom Oord tehuis vir bejaardes.
Op 31 Maart 2025 tree sy af . 35 jaar en 5 maande diens by 1 instansie.
‘n Wonderlike mylpaal en ‘n voorbeeld van toegewydheid en lojaliteit teenoor ‘n instansie.
Sy doen diens onder 5 verskillende bestuurders, verskillende bestuursliggame, personeel wat kom en gaan, en dan is daar die inwoners wat ook gekom en gegaan het.
Sy het alles beleef- vreugdes, hartseer en sommer net alledaagse dinge wat gebeur het.
Voorwaar ‘n goeie getuigskrif vir deursettingsvermoë, toegewydheid en lojaliteit.
Sy het baie diep spore getrap by hierdie intstansie en sy geskiedenis.
Sy is op haar eie eintlik ge-skiedenis. ‘n Kenner van alles wat hier gedoen en gebeur het.
Vir baie mense het sy ‘n baie groot lewensles geleer, wat ‘n mens maar in jou lewe kan onthou.
Al was omstandighede nie altyd ideaal nie, bestuurders, kollegas en inwoners wat somtyds die lewe moeilik gemaak het, het sy bly vasbyt aan die roeping wat sy vir haarself opgelê het.
Sy het in 1989 hier ingestap en besluit dit is die werk wat ek gaan doen, al kom daar storms, moeilike dae , ontevredenheid met omstandighede of ongevraagde optredes teenoor haar, het sy nog steeds lojaal gebly en altyd daarna gesteef om haar werk na die beste van haar vemoë te doen.
Dit was altyd verstommend hoeveel kennis sy gehad het van wat by hierdie tehuis aangegaan het.
Haar kennis van die werk, haar mense kennis het almal wat saam met haar gewerk die geleentheid gebied om hulle werk weer goed te kon doen.
Kokerboom Oord wens haar en haar familie net die beste toe vir die baie jare wat nog voorlê.
Dankie vir ‘n wonderlike voorbeeld wat daar vir ‘n ieder en ‘n elk deur jou gestel is.