GEMSBOK-UPINGTON: Chris van der Westhuizen, bekend vir sy Biltongboer Liedjies”, het ‘n konsert by Oranjehof Tehuis vir Bejaardes kom hou.
Chris is oorspronklik van hierdie wêreld en het hier verbygekom, terug huis toe in Roodepoort, na 'n karavaanvakansie aan die Weskus. Sedert sy aftrede in 2022 is hy baie bedrywig met die skryf en opneem van liedjies, waarvan heelwat toonsettings van ou Afrikaanse gedigte is, maar ook sy eie skeppings. Gaan kyk op sy Facebookblad "Biltongboer Liedjies" om meer van hom te lees.
Chris het ook ‘n paar dae terug, by die ouetehuis op Pofadder konsert gehou.
Hy het sy program afgeskop met bekende liedjies soos "Boesmanland" en "The Seagull's Name Was Nelson" en het later oorgeslaan na toonsettings van Boer-neef se gedigte, waaronder "Wonnerkoring", en toe die vertoning afgesluit met "Biltongboer". Die inwoners van die tehuise het dit geniet en verskeie het hom na afloop van sy optrede kom bedank dat hy dit vir hulle kom doen het.