GEMSBOK-UPINGTON: Tydens die onlangs Miss Upington Northern Cape 2025 kompetisie wat aangebied is, het meisies in verskillende kategorieë deelgeneem.
Ouderdomskategorieë waarin daar deelgeneem kon word, was:
Klein Mej (4-6 jaar)
Jnr Mej (7-9 jaar)
Voor-Tiener Mej (10-12 jaar)
Tiener Mej (13-15 jaar)
Jong Mej (16-18 jaar)
Jeug Mej (19-24 jaar)
Me. (25+ jaar)
Royal Young (4-12 jaar)
Royal Minor (13-18 jaar)
Royal Adult (19+)
Supreme Wenners: Top 3 in alle ouderdomsgebiede
Dawrette Heyns van die Model Akademie sê hierdie skoonheidskompetisie word gehou vir opheffing en bied ons finaliste ervaring in die wêreld van skoonheidskompetisies.
Supreme Miss Upington Northern Cape 2025 wenners was: Jeaneigh Borghesi (wenner), Maria Spangenberg (eerste prinses) en Lee-Ann Carlton (tweede prinses)
Dit is die drie finaliste in die hele kompetisie wat die meeste punte behaal het (ouderdom 2 tot 19+ jaar).
Jeaneigh is 12 jaar oud , sy woon in Upington en sy is ‘n leerder van Laerskool Oranje-Noord.
Sy ontvang ook: Die algehele debutante toekenning wat sy met Maria Spangenberg deel.
• Uitstekende liefdadigheid en geskenk toekenning.
• Uitstekende debutante toekenning.
• Algehele publieke keuse toekenning.
• Algehele fotogeniese toekenning.
• Sy is aangewys as die “Diamond Pre-Teen” wenner. (10-12 jaar)
• Algehele “Pre-Teen” wenner. (10-12 jaar)
• “Royal Youngster” wenner. (4-12 jaar)
Maria is 16 jaar oud, sy woon in Keimoes en sy is ‘n leerder van Hoërskool Duineveld.
Sy ontvang ook:
• Die algehele debutante toekenning wat sy met Jeaneigh Borghesi deel.
• Top 5 publieke keuse toekenning.
• Uitstekende liefdadigheid toekenning.
• Uitstekende debutante toekenning.
• “Young Miss Upington Northern Cape 2025” wenner. (16-18 jaar)
• “Royal Minor” wenner. (13-18 jaar)
Lee-Ann is 26 jaar oud, sy woon in Kakamas en sy is tans n LLB student.
Sy ontvang ook:
• Uitstekende liefdadigheid toekenning.
• Uitstekende debutante toekenning.
• Top 5 publieke keuse toekenning.
• Sy is ook aangewys as die "MS Upington Northern Cape 2025" wenner. (25+ jaar) en die "Royal Adult" wenner. (19+ jaar)