Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Hy was 'n mens wat nooit na eie eer gesoek het nie, maar sy medemens in stilte gedien het. Só sal Upington se gemeenskap vir Coenraad Groenewald onthou - in lewe 'n knap akademikus, skoolhoof en predikant. 
Eerwaarde Groenewald (86) is op Vadersdag (15 Junie) ná 'n kort siekbed in die Harry Surtie-hospitaal oorlede. Hy was vir 10 jaar (1985 - '95) lank die skoolhoof van die Senior  Sekondêre Skool Saul Damon in Upington waar hy aan die begin Bybelkunde en Bybelonderrig gegee het. 
Sy eerste proesel van skoolhou was by die Senior Sekondêre Skool Carlton - Van Heerden as Afrikaanse - onnie. Toe hy later 'n betrekking by Saul Damon aanvaar het, het hy die vak Boekhou aangebied. Sy liefde vir dié vak het hom aangespoor om die FIAB - en CIAB - diplomas agter sy naam te skryf. 


Hierdie prestasies het hom gekwalifiseer as 'n geregistreerde en geoktrooieerde rekenmeester. In 1977 het hy die BA-graad by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) verwerf en 'n jaar later die B.Ed. Sy liefde in die teologie het sterk na vore gekom en sodoende het hy ook die B.Th bekom. 
In sy jonger jare in Upington, het hy die gemeenskap gedien as Kommissaris van Ede, diaken en katkisasiemeester van die Congregational Kerk. In 1992 onder leiding van eerw. J.Kulsen van die Congkerk in Upington, is mnr. Groenewald as 'n selfonderhoudende predikant georden na die gemeente van Paballelo in Upington waar hy vir 14 jaar gedien het. Hy was betrokke by die gemeentes van Prieska, Marydale, Kenhardt en Sesbrugge waar hy 'n kerk vir daardie gemeente gebou het wat tot vandag nog daar staan. 
Eerw. Groenewald het vir 'n geruime tyd as moderator gedien van die Cong-gemeente in die Gordoniastreek. Hierdie ambisieuse mens was 'n groot sokkerliefhebber en hy het vir 'n paar jare Carlton se eerste sokkerspan afgerig. 
Toe hy 'n student was aan die Bridgeton Onderwyskollege het hy in sokker vir die eer-stespan uitgedraf. "Coenraad was baie lief vir musiek. Koor - en klassieke musiek was sy gunstelinge", het sy broer Paul gesê. 
In 1967 is hy getroud met 'n nooi Veronica Titus van George se wêreld. Sy het vir baie jare skoolgehou by die Laerskool Vooruitsig in Upington. 
Vandag, in die rype ouderdom van 85 sien sy nog goed daaruit. Die egpaar het 'n 40-jarige dogter, Sanchia en drie kleindogters. Baie mense in Upington sal mnr. Groenewald onthou as 'n gerespekteerde en bedagsame mens wat altyd sy hoed gelig het wanneer hy iemand gegroet het. "Ek sal hom onthou as 'n toegewyde persoon wat die skool baie goed bestuur het. Hy was streng, deeglik en eenvoudig 'n dissiplinêr", het mnr. Rudolph Saal, sy oud-adjunk by Saul Damon gesê.
 "Mnr. Groenewald was kollegiaal baie lief vir my gewees en hy het baie pouses by my 'n draai kom maak en dan kon ons lekker gesels oor enigiets. Hy het respek afgedwing en was 'n gemeenskapsbetrokke mens. Altyd daar om sy mense by te staan", het Zonia Titus, oud-onderwyseres by Saul Damon my meegedeel.            
* Wyle eerw. Groenewald is Saterdagoggend (21 Junie) vanuit die Moedergemeente van die Congkerk in Upington ter ruste gelê. Eerw. D.A.P. Titus se preek was na aanleiding van psalm 90 oor Moses se gebed waar hy gesê het: "Here, U was ons toevlug van geslag tot geslag" en "U laat mense weer terugkeer tot stof". Coenraad Groenewald laat na sy egge-note, 'n dogter, drie kleindogters en twee broers.                                        * Berig: Nick Pretorius