Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-ADDO: Twee mannetjieleeus, voorheen van die Twee Revieren-gedeelte van die Kgalagadi Nasionale Park, noem nou die Addo Olifant Nasionale Park (AENP) in die Oos-Kaap, hul tuiste.
Só berig JP Louw,woordvoerder van SANParke.
Dié twee, wat na raming ongeveer sewe jaar oud is, het ‘n paar weke in 'n boma in AENP aan hul nuwe toestande gewoond geraak. Hulle is vroeër die maand vrygelaat en aanduidings is dat hulle goed in die landskap aanpas.
Hul aankoms volg kort op die bekendstelling van twee leeuwyfies in die park aan die begin van Maart. Die twee-en-'n-half jaar oue susters is van die !Khamab Kalahari-reservaat aan die suidoostelike rand van die Kalahari ingebring.


Die nuwe stelle gene is ‘n waardevolle toevoeging tot die leeubevolking in die park, aangesien hulle sterk, gesonde gene saambring wat tot die genetiese verskeidenheid in die park sal bydra. 
Daar is nou nege leeus in die hoofwildkykarea en ‘n verdere drie in, wat bekend staan as die Nyathi-gedeelte van Addo.
Die twee mannetjies het halsbande vir maklike monitering sodat die veldwagters en navorsers kan waarneem watter habitatte hulle gebruik, hul nabyheid aan die ander leeus, ander roofdiere en watter spesies hulle jag.
Die halsbande sal die bestuur ook in staat stel om ‘n fyn balans te bereik tussen die versigtige bestuur van die leeubevolking in verhouding tot die grootte van die Park en hul impak op prooispesies. 
Hul bestuur vorm deel van ‘n groter inisiatief om natuurlike prosesse na te boots wat leeus se sosiale gedrag en bevolkingsgroei reguleer, wat die uitruil van individue tussen parke insluit om die konstante bekendstelling van nuwe gene te verseker.
Terselfdertyd is twee ouer mannetjies, bekend as Niklaas en Witwarm, na die Mountain Sebra Nasionale Park buite Cradock verskuif. Die twee word eers in ‘n boma binne die Park neergelê voordat hulle vrygelaat word.
.