Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON:  “My broer was sonder twyfel ‘n entrepreneur by uitnemendheid. Hy het hom veral onderskei as kleinsake en sosiale entrepreneur. Hy het groot hoogtes bereik as algemene handelaar in die produksie en bemarkingsbedryf”, het Billy Jonker in ‘n huldeblyk vir sy broer, Randy, gesê. 
Randolph Samuel Jonker, beter bekend as Randy, is op 6 Julie aan natuurlike oorsake by sy huis in Patrickstraat omstreeks 06:00 die oggend oorlede. 
Hy was ‘n welbekende in Upington en omgewing en sal altyd onthou word vir sy handelsnaam “Uncle Randy’s”.

 
Hy was 81 jaar en by sy afsterwe was sy vrou Marie by hom. Randy was ‘n ambisieuse sakeman wat vir homself hoë verwagtinge gekoester het. As sosiale entrepreneur het hy sy vernuf aangewend om menslike kapitaal van gehalte te lewer in die onderwysbedryf. 
Op akademiese, kulturele en sportgebied kon sy leerders met enige groep denkbaar kompeteer. Randy was skoolhoof by die Laerskool Karos, vandag ‘n pragtige heenkome vir daardie kontrei se kinders en ouergemeenskap. Daar het hy hom uitgeleef as hoof en selfs klas gegee vir sy leerders. 
Hy het as kerkraads- lid in die VG kerk in Upington gedien waar hy sy onwrikbare geloof ten volle uitgeleef het. Randy se professionele optrede, sy passie vir die privaat sektor en sy doelge- rigtheid vir sukses was ‘n toonbeeld van die karakter wat hy was. “Hy het terugslae nie as mislukkings beskou nie, maar as leerge- leenthede”, het Billy gesê. 
Op sportgebied was Randy ‘n uithaler-senter wat vir die destydse Desert Rats en Noord-wes-Kaapland uitgedraf het. Hy was ‘n gereelde keuse vir die Opleidingskollege Dower se eerste rugbyspan.  Op ‘n geleentheid het Deen Mouton, ‘n NWK-rugbylegende, genoem dat Randy byna een van die destydse Saru-spanne gehaal het was dit nie vir sekere omstandighede wat hom verhoed het om gekies te word nie. Randy was briljant op die aanval en sy rotsvaste verde- diging het telkemale uitgestaan. “Dit was altyd aangenaam om na sy staaltjies uit sy sportverlede te luister en hoe hy hom daarin kon uitleef”, het Billy genoem.            
* Randy is op 19 Julie  vanuit die VG Kerk in Upington begrawe. Hy laat sy vrou Marie en ‘n broer Billy na.                                         
* Berig: N Pretorius