GEMSBOK-KURUMAN: Waarnemende LUR vir Gesondheid, mev. Mase Manopole, het onlangs ‘n tydelike modulêre eenheid vir ongevalle en noodgevalle (O&O) met 8 beddens by die Kuruman-distrikshospitaal, wat onmiddellike uitbreiding van noodsorg bied terwyl die regering ‘n permanente O&O-fasiliteit met 45 beddens versnel, amptelik geopen.
Die waarnemende LUR is vergesel deur die burgemeester van die Ga-Segonyana-plaaslike munisipaliteit, raadslid Neo Masegela, asook die uitvoerende burgemeester van die John Taolo Gaetsewe-distriksmunisipaliteit, raadslid Queen Mogatle-Thoane.
Die waarnemende LUR het die strategiese integrasie as volg verduidelik: “Die oorspronklike O&O-struktuur met 2 beddens dien nou uitsluitlik as ons Prioriteit 1-pasiëntsorgafdeling – toegewy aan traumapasiënte en mediese noodgevalle wat onmiddellike lewensreddende intervensies vereis, wat ons gespesialiseerde sorgsones gee gebaseer op pasiëntgemak. Die nuwe tydelike modulêre eenheid met 8 beddens voorsien in Prioriteit 2- en Prioriteit 3-pasiënte.”
Met die oog op langtermyn-gesondheidsorgontwikkeling het raadslid Neo Masegela die skenking van 3 hektaar grond aan die Departement van Gesondheid aangekondig om planne vir ‘n toekomstige Streekshospitaal te ondersteun.
Hierdie ingryping verbeter pasiëntsorg, red nou lewens en lê die grondslag vir langtermyn-gesondheidsorgtransformasie in die John Taolo Gaetsewe-distrik.
Die LUR het die grondskenkings en die toewyding aan verbeterde gesondheidsdienste deur die plaaslike munisipaliteit verwelkom.
Die waarnemende LUR het ook beklemtoon dat hierdie nuwe ontwikkelings op ‘n gepaste tyd kom, waar die Departement pas 245 Gemeen- skapsdiens-mediese interns verwelkom het - wat hul opleiding in ons fasiliteite voltooi.
Uitgebreide infrastrukture soos hierdie ongevalle-eenheid bied ons toekomstige dokters kwaliteit-opleidingsomgewings.
In haar slotopmerkings het die waarnemende LUR gesê dat geen finansiële beperkings die regering moet verhinder om sy mense te dien nie. “Ons moet die middele vind om dienslewering toeganklik en ongekompromiseerd te maak. Binne maande begin ons met konstruksie aan die permanente struktuur.”









