Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Die eerste ligakompetisie in ‘n reeks van vier het verlede week in Upington afgeskop.
Die kompetisie het die dorp se atlete saamgebring in ‘n fees van sportprestasie.
 Hoërskool Duineveld was die gasheer van hierdie byeenkoms wat meer as 80 deelnemers gelok het. Dit was ‘n ware hoogtepunt vir Upington se sportkalender en het deelnemers vanoor die hele gemeenskap saamgebring. 
Skole en privaat skole se atlete het bewys dat Upington as een gemeenskap saamstaan. 
August en sy span by die Munisipale swembad het gesorg vir top geriewe vir die deelnemers en toeskouers

Read more …Tweekampseisoen skop goed af

Die Upington Extreme van 21 Oktober 2023 was ‘n reuse sukses! Toyota Financial Services, Upington Toyota en die Upington Rotary Club het met trots vanjaar dié geleentheid aangebied.
Dit was so mooi om te sien hoe jonk en oud mekaar ondersteun van ‘Start to Finish.’ 
Vanjaar was die Upington Off-Road Triathlon weer in volle swang en elke jaar is meer spesiaal as die vorige een.
 Hoërskool Upington het 10 spanne ingeskryf onder die skoleafdeling - asook gaps die Uppies die eerste 3 posisies by die prysuitdeling! 

Read more …Rotary Upington Toyota Extreme

UPINGTON: Ses plaaslike krieketspanne het die naweek kragte gemeet en goeie spel was aan die orde van die dag. Hier is ‘n kort samevatting van die drie wedstryde wat in die ZFM-liga uitgespook was:

Upington Lions se draaibalbouler, Saood Ali, het Uppies se kolwers met sy goëlballe dronk gedraai en sodoende sy span grootliks gehelp om sy wedstryd gerieflik te wen  -met 9 paaltjies.

Read more …Upington Lions skitter in ZFM-liga

UPINGTON: Ses plaaslike krieketspanne het die naweek kragte gemeet en goeie spel was aan die orde van die dag.

Hier is ‘n kort samevatting van die drie wedstryde wat in die ZFM-liga uitgespook was:

Die Hoërskool Duineveld het korte nette gemaak met die span van Paballelo en sy wedstryd verspot maklik gewen met 7 paaltjies. Paballelo het eerste gekolf en kon slegs 36 lopies bymekaar skraap.

Read more …Lopies vloei en paaltjies kantel

GEMSBOK-TOPLINE: Groot opgewondenheid het geheers toe die bekende TV ster en akteur, Freedom Hadebe, Saterdagaand sy opwagting in Topline gemaak het, waar Dirk Louw, ‘n bekende boer uit die omgewing, sy eie sokkerspan  Silvermoon Investments FC,  bekend gestel het.
Meneer Louw is nou betrokke by die plaaslike gemeenskap en hy sien hierdie inisiatief as ‘n geleentheid om jong manne uit die gemeenskap te betrek, om sport te beoefen en terselfdertyd hoop te kan gee vir die toekoms. 

Read more …‘n Ster land in Topline

Upington Rolbalklub is baie trots op Le Roux Fourie wat deel van die wenspan was wat op die onlangse SA onder 30 Interdistrikte -toernooi die GOUE medalje verower het saam met drie spelers van Kimberley nl. Charl Labuschagne, Driaan van Niekerk en Charl-Peter Mathewson. Twee ander spelers van die klub, Andrei Matthee en Janet Brand was in die B span opgeneem, wat ook 2 van hul wedstryde gewen het. 

Read more …Rolbalspelers blink uit

CAPESPAN Plase het die afgelope naweek op Saterdag, 23 September 2023 nog ‘n sukesvolle Sporttoernooi vir hul plase se sokker en netbalspanne aangebied te Cape-span Valam plaas se sportgronde. Capespan se sitrusplase van so ver as Addo (Oos-Kaap) en Clanwilliam (Wes-Kaap) het ook meegeding saam met die Noord-Kaap Tafeldruiwespanne vir die Capespan Blue Hand Sokkertrofee.  Prysgeld van R10,000 vir die wenners, asook alle kontantpryse, T-hemde en geskenke vir beide sokker en netbalspanne is deur die Capespan (Blue Hand) Stigting geborg. Fairtrade Africa en Remoggo Stigting het saam met ander donateurs ook geskenk-    pakkies vir elke deelnemer geborg.

Read more …Capespan Plase hou ‘n suksesvolle sporttoernooi

Subcategories