Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Upington Dorp het verlede Saterdag die Sunwolves letterlik op die Eiland-rugbyveld gestoomrol om met 71-3 te wen. 
Dorp het met 11 drieë sy teenstanders platgevee en kon daarin slaag om dié keer sy doellyn met goeie verdediging skoon te hou. 
Sunwolves se verdediging het hul lelik in die steek gelaat en hulle moes deurentyd bontstaan om al die gate toe te stop. 
Dorp se voorspelers het die grondslag gelê vir hul weghol-sege en sy agterlyn kon toe baljaar met die hope goeie balbesit. 
* Dorp se drieë is gedruk deur Lian Liebenberg (4), Ruben Louw, Darren Titus, Altus van der Merwe, John Neser, Crynauw Day, Drikus Burger en Henko Burger. Darren Titus (3) en Johandre Terblanche (5) het met die doelskoppe geslaag. Sunwolves se agsteman Luciano Anthony het ‘n strafskop oorgeklits