Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

United Rugbyklub het Saterdag hier op die Eilandveld sy spiere gebult- toe hy die besoekende Nababeep met 59-24 met die kous oor die kop huis toe gestuur het. 
Die tuisspan was rustyd gerieflik voor met 28-17. 
United het sy beste vertoning tot dusver in die ZFM-liga gelewer en was duidelik in ‘n omgekrapte bui teen die moedige besoekers van Namakwaland. 
Nababeep het nooit gaan lê nie en het by tye United ook harde bene laat kou in ‘n wedstryd wat talle opwindende oomblikke opgelewer het. United se heelagter Keenan Wentzel, wat ‘n skitterende wedstryd gehad het, het 19 punte met ‘n drie en sewe doelskoppe behaal. 
Die wenspan het nege drieë gedruk teenoor Nababeep se drie drieë. Curtly Davids, losskakel van United het sy agterlyn flink weggestuur en hy was een van die driedrukkers in sy span. Vir Nababeep het Byron Saal (binne- senter), Lurick Magerman (losskakel) en die heelagter Bradley Saal puik spel gelewer.