Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-TOPLINE: Groot opgewondenheid het geheers toe die bekende TV ster en akteur, Freedom Hadebe, Saterdagaand sy opwagting in Topline gemaak het, waar Dirk Louw, ‘n bekende boer uit die omgewing, sy eie sokkerspan  Silvermoon Investments FC,  bekend gestel het.
Meneer Louw is nou betrokke by die plaaslike gemeenskap en hy sien hierdie inisiatief as ‘n geleentheid om jong manne uit die gemeenskap te betrek, om sport te beoefen en terselfdertyd hoop te kan gee vir die toekoms. 


Dit is bekend dat baie talent onder die jeug tans verlore gaan as gevolg van ‘n skaarste aan werksgeleenthede in die streek.  
Wie weet, dalk gaan die volgende Lionel Messi of Cristiano Ronaldo nog hier uit die Noord-Kaap kom.
Hierdie spog bekendstellingsgeleentheid is Saterdagaand in Topline gehou en alle kostes van die bekendstelling van die sokkerspan en om die gasspreker Freedom Hadebe in te vlieg, was op mnr Louw se persoonlike rekening.

** Foto’s & Berig Wollie Burger