Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Upington Rolbalklub is baie trots op Le Roux Fourie wat deel van die wenspan was wat op die onlangse SA onder 30 Interdistrikte -toernooi die GOUE medalje verower het saam met drie spelers van Kimberley nl. Charl Labuschagne, Driaan van Niekerk en Charl-Peter Mathewson. Twee ander spelers van die klub, Andrei Matthee en Janet Brand was in die B span opgeneem, wat ook 2 van hul wedstryde gewen het. 

Veertig spanne van regoor Suid-Afrika en Namibië het aan hierdie toer-nooi deelgeneem, die grootste tot dusver in hierdie ouderdomsgroep, wat die Noord-Kapenaars se prestasie des te meer laat uitstaan.