Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

CAPESPAN Plase het die afgelope naweek op Saterdag, 23 September 2023 nog ‘n sukesvolle Sporttoernooi vir hul plase se sokker en netbalspanne aangebied te Cape-span Valam plaas se sportgronde. Capespan se sitrusplase van so ver as Addo (Oos-Kaap) en Clanwilliam (Wes-Kaap) het ook meegeding saam met die Noord-Kaap Tafeldruiwespanne vir die Capespan Blue Hand Sokkertrofee.  Prysgeld van R10,000 vir die wenners, asook alle kontantpryse, T-hemde en geskenke vir beide sokker en netbalspanne is deur die Capespan (Blue Hand) Stigting geborg. Fairtrade Africa en Remoggo Stigting het saam met ander donateurs ook geskenk-    pakkies vir elke deelnemer geborg.

Capespan is dankbaar vir die ZFM distrik se Netbal, Rugby en Sokker skeidsregters wat diens kom lewer het en deur die Capespan Stigting geborg was, asook Department van Sport, Kuns en Kultuur vir die donasie van die medaljes en trofeë vir die netbal wenspan.

Die eregaste by die byeenkoms was Kai Gharib! Burgemeester, verteenwoordigers van Fairtrade, Waitrose Stigting, Department van Binnelandse Sake, Arbeid, Landbou en kommersiele donateurs.  Capespan se grootste dank is egter teenoor ons plase se sportspanne wat hart en siel deelgeneem het en aangespoor was deur hul medewerkers.