Sewe leerders van Laerskool Seodin het deelgeneem aan die Sishen Junior Ope. Hulle het baie goed gevaar in hulle verskeie ouderdoms- groepe. Xander Steyn het 1ste plek behaal in die 0/11 ouderdoms- groep en Elzé Steyn het 1ste plek behaal in die vroue afdeling.
Die ander deelnemers was:
Graad 1: Damian Knoetzen
Graad 3: Zian Knoetzen
Graad 5: Chris Coetzee
Juan Pierre Fourie
Hayman Sakoor
Xander Steyn
Graad 6: Elzé Steyn
Seodin klop Voories met 5 paaltjies
Die Laerskool Seodin van Kuruman se 0/13-krieketspan het die elftal van Op die Voorpos op Nasionale Vrouedag met vyf paaltjies gewen.
Die tuisspan het eerste gekolf en danksy ‘n skitterende 61 van 79 balle deur Jandré Botha kon hulle ‘n skaflike 218 almal uit aanteken.
Zachary Minnaar van Seodin was hul beste bouler met syfers van 4/57.
Die besoekers het geduldig maar tog met uitstekende kolfwerk die teiken met 219 vir die verlies van vyf paaltjies bereik.
Hiervan was Strauss van Heerden (79*) en Ruben Mare (23*) in ‘n goeie vennootskap betrokke met 81 van 88 balle.
Voories se draaibalbouler Christiaan Pienaar het met sy bedrieglike variasies 2/39 laat spat.
Die wedstryd is in ‘n pragtige sportmangees gespeel en die jong latte het elke oomblik van hierdie aanskoulike wedstryd geniet.
Interjol tennis
Velties se 1ste span tennis-meisies wen 9-0
Uppies se 1ste span tennis-seuns wen 6-3 en Velties se 2de span seuns wen 6-3. Duineveld is die algehele wenners met 13-5.
Uppies wen Groot Interjol 2024!
Met Hoërskool Upington se 1ste rugbyspan wat Hoërskool Duinveld se Wittes in ‘n titaniese wedstryd met 14-15 geklop het, het Uppies as Groot Interjol 2024 kampioene uit die stryd getree.
Die res van die rugby uitslae is as volg:
Velties 19B wen 20-12
Uppies 16A wen 55 - 3
Velties 16B wen 19-12
Uppies 15A wen 12 - 10
Velties 14A wen 34-12
Dorp wen titaniese stryd teen dfc in halfeindstryd
Hierdie een het Defence Force Collegians (DFC) deur sy vingers laat glip.
In Saterdag se titaniese kragmeting met Upington Dorp op die Unieveld het DFC se hanteerwerk en by drie gulde geleenthede om vroeg in die wedstryd drie sekere drieë te druk, hom lelik in die steek gelaat en sodoende Dorp toegelaat om hierdie belangrike halfeindstryd met 12-10 te wen.
Die wedstryd is in winderige speeltoestande gespeel en Dorp het sy min kanse deeglik gebruik om uiteindelik as oorwinnaars van die veld te stap. Met rustyd was DFC met 5-0 voor danksy ‘n manjifieke individuele solopoging deur sy linkervleuel Juju van Rooyen toe hy verskeie teenstanders na vars lug laat gryp het
Dkm laerskole-sokker uitdunne
Die eerste laerskole-sokker uitdunne van die Dawid Kruiper-streekkompetisie het verlede Woensdag afgeskop waarin ses skole deelgeneem het.
Vroeg in Augustus word die distrikskompetisies beslis wat gevolg gaan word deur die provinsiale byeenkoms.
Daarna word ‘n nasionale laerskole sokkerspan gekies wat onder die vaandel van die Suid-Afrikaanse Sokker Beheerliggaam sal speel.
Die span word deur die Patric Motsepe Foundation van alle noodsaaklike voorrade voorsien.
Uppies 0/17’s is 4de in SA
Die Hoërskool Upington kondig met trots aan dat hulle 0/17 netbal meisies ‘n 4de plek in SA’s losgespeel het. Die skool is baie trots op die meisies en hulle afrigters. Daar word ook spesiale vermelding gemaak van Jenique Matthys wat aangewys is as die speler van die wedstryd in die wedstryd teen Heidelberg Volkskool!
Leendert se duiwe vlieg hoog
GEMSBOK-UPINGTON: Tydens die 75ste Suid Afrikaanse Kampioenskap Skou van die Suid Afrikaanse Sierduif Vereniging (SASV) op Bloemfontein het Leendert Snyman (6jaar oud) en sy sierduiwe behoorlik opslae gemaak.
Hy het twee van sy sierduifrasse ten toon gestel in die junior (6 tot 18 jaar) afdeling en een ras in die senior (volwasse) afdeling.
Die Junior afdeling is verteenwoordig deur ses junior vertoners, 10 sierduif rasse en 47 duiwe.
Die senior afdeling is verteenwoordig deur 59 vertoners, 65 rasse en 1108 duiwe.
Leendert het tydens die skou die volgende prestasie bereik:
Leendert het 1 van sy Modenesers ook ingeskryf vir die SASV ringkompetisie waar telers `n spesifieke ring koop en `n duif met daardie ring vertoon ten tye van die SA’s. Hier word nie onderskei tussen seniors en juniors nie.
Laerskool Seodin spog met sportsterre
Die naweek het die Laerskool Seodin se 0/12 en 0/13’s aan die sewes toernooi in Kathu deelgeneem en baie goed gevaar.
Die 0/12’s het vier wedstryde in totaal gespeel en 0/13’s het ses in totaal gespeel - waarvan een ‘n semi-finaal was en daarna uitgespeel het vir derde plek wat hulle gewen het.
0/12 Uitslae:
Seodin vs Curro:Wen 56-0
Seodin vs Danielskuil:Wen 54-0
Seodin vs Staats:Verloor 5-36
Seodin vs Op Die Voorpos:Verloor 5-41
Laerskool Cillié hou sportdag
GEMSBOK-KAKAMAS: Laerskool Cillié het onlangs ‘n baie geslaagde sportdag gedurende die vakansie aangebied.
Spanne van Keimoes en Kakamas het aan die sportdag deelgeneem, wat bestaan het uit sewe ‘n kant sokker- en netbalwedstryde.
Die sokkerspan van Liverpool FC van Lutzburg was die wenners van die 2024 toernooi.
De Santos netbalspan van Keimoes het weggestap met eerste plek in die netbal afdeling.
Die SBL van Cillié wens Liverpool FC baie sterkte toe met hul wedstryde verder die seisoen.
Die skool bedank alle spanne vir hul deelname, asook die breë gemeenskap van Cillié vir hul ondersteuning.
Duine-spanskiet uitslae
Die Duine-spanskiet se wenners was as volg: Mansspanne: 1ste – Kahahari A (Pieter van der Westhuizen, Darius de Klerk, Frederik Jacobs, Okker de Klerk)
2de – Bokbefok (Bertus Burger, Werner Visser, Jasper Stoop, Gerrit Nieuwoudt)
3de Varminters (GF Liebenberg, BJ Wiehahn, J Wiehahn, J van der Westhuizen)
1ste Damesspan: Shooting Stars
(F de Waal, Liza-Mare Smit, A Lamprecht, M Strauss)
Dorperland MTB Challenge in fotobeeld
Dorperland MTB Challenge vind plaas in Kenhardt die “hart van Dorperland”.
Baie rasse beweer dat hulle die moeilikste terreine en hoogste hoogtes het. Die Dorperland MTB-uitdaging het dalk nie die moeilikste terreine nie, maar die droë klimaat van die streek maak hierdie wedren baie moeilik en regtig anders as die res. Die Dorperland MTB Challenge het nes kampioene, en nie net dit nie, maar ‘n nuwe rekord.