Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

 GEMSBOK-UPINGTON: Die Duineveld krieketklub is die nuwe ZFM krieket-unie kampioenspan van die 2024/’25-krieketseisoen.  Hulle het met 24 punte bo-aan die puntelys geëindig, gevolg deur College (23), Upington Lions (22) en Orange Diamonds (21). 
Duineveld is Saterdag aangewys as die kampioenspan - sonder dat daar weens die reën wat oor die naweek uitgesak het, een enkele bal afgestuur is.
 Die skeidsregters en die twee kapteine het eenparig besluit dat die kolfblad nie geskik was vir die eindstryd. 
Beide halfeindstryde (College/Lions en Duineveld/Orange Diamond) is Saterdag weens reën afgestel. 


Daar is toe besluit om die eindstryd af te handel, waartydens die skeidsregters besluit het om die wedstryd teen 15:00 te laat begin. 
Die nat kolle rondom die kolfblad kon egter nie betyds opdroog nie.  Daarna is spel afgelas en die beker is aan Duineveld oorhandig.