GEMSBOK-KATHU: Die afgelope naweek het die Pieterse broers deelgeneem aan die Battle of the East en Tiny Titans kompetisie in Brakpan. Hulle het besonders goed gedoen.
Die 18 jarige Lylle het ingeskryf in die gewigsgroep onder 74kg.  Hy het twee eerste plekke en ‘n derde plek ingepalm.
Kleinboet Liam, 11 jaar, het ingeskryf onder die gewigsgroep onder 32kg. Hy het skoonskip gemaak en eerste plekke in al 3 kategorieë behaal.
Die kategorieë waarin hulle deelgeneem het: Points Fighting, Continues fighting  en Kick light.   Die vloer is gelyk -En die Pieterse-kinders was gereed!