Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Na afloop van ‘n besige krieketnaweek bevind die Hoërskool Kalahari se Kalahari Eagles hulle bo aan die JTG Premier T20 punte leer.
Die Kalahari span kwalifiseer nou outomaties vir die liga finaal wat tydens die naweek van 26 Oktober sal gebeur.
Die Eagles sal teen die wenner van die tweede en derde plek uitspeel - wat tussen die Kathu Giants Krieketklub en die KEW Krieketklub meegeding sal word.
Daar was 'n paar uitblinker-vertonings oor die naweek met SW van Heerden, Janko Noeth en Louhan Noeth wat die kolf gelei het. 
Liam Liang, Leander Smit en Janko Noeth het goed geboul en die opposisiespanne daarvan weerhou om enige noemenswaardige totale te behaal.


Die Kalahari Eagles het, as span, opwindende krieket tydens die 8 Premier liga wedstryde gespeel.
In die Senior Premier Liga Krieket, veral in die T20-formaat, is daar nêrens om weg te kruip nie en Kalahari Hoërskool is baie trots op hul eerste span se prestasie.