Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

UPINGTON – Die eerste tweekampliga van die jaar het die afgelope week in Upington plaasgevind en is met groot sukses deur Hoërskool Upington aangebied. Die liga is onder uitdagende, maar opwindende omstandighede aangebied.
Die dag is gekenmerk deur vuurwarm weerstoestande, met temperature wat bo 40Co gestyg het. Ten spyte hiervan het die atlete hul staal gewys en bewys hoekom Noord-Kaapse sportlui bekend staan as van die taaiste in die land. 


Die deelnemers het met deursettingsvermoë en karakter meegeding, en die geesdrif op die baan was tasbaar.
’n Spesiale hoogtepunt van die dag was die deelname van die span van Prieska, wat die liga verder verryk het. Dit was ’n heerlike geleentheid om nuwe vriende te maak en sportmanskap tussen skole te bevorder.
Die top atlete van die dag was Adalein Maritz, wat eerste geëindig het, gevolg deur Stiaan Terblanche in die tweede plek en Geo March in die derde plek. Hul prestasies het groot opgewondenheid geskep en dien as inspirasie vir die res van die seisoen.
Met die liga agter die rug, fokus die atlete nou volstoom op die Grie-kwaland-Wes proewe wat op 21 Februarie plaasvind. Die harde werk en voorbereiding het reeds begin, en daar heers groot optimisme oor wat nog voorlê vir die Noord-Kaapse tweekampatlete.