Die karate klub van Change Through Sport sluit hul jaar op `n baie hoë noot af. Twee van sy karatekas vaar so goed in hul gradering soveel so dat Shihan Beukes hulle met `n tweede gordel beloon.
Wat dit so besonders maak is dat hierdie twee karatekas, ma en seun is. Hulle is Mariëtte Weakley en haar seun Fouche` Die karatekas wat bevorder is tydens die gradering is:
Oranje gordels:
Jozua Snyman
Groengordels:
Adriano Bok
Blougordels:
Mariëtte Weakley
Monray Basson
Nthuthuko Masuku
Karla Mans
Pers-I gordel
Botlhale Motlogeleo
Oelof Bergh
Pers-II gordel:
Maxililiano de Bruin
Sr. Persgordel:
Fouche` Snyman
Rooi-I gordel:
Henog Maarman
Rooi-III gordel:
Norman Steenkamp
Luwardo Smith
Sr. Bruin - III gordel:
Theuns Steenkamp
Shane Fryer
Sr. Bruin - II gordel:
Angelique van Staden
Sr. Bruin - I gordel:
Simphiwe Schoeman
Die Karateklub het ook hul karatekas wat as die beste Karatekas van die jaar 2025 genomineer is vereer met die klub se jaarlikse wisseltrofeë.
Shihan Beukes nooi alle inwoners van Upington uit om hul kinders vroegtydig vir hierdie wonderlike sportsoort te kom inskryf.
Die Registrasies vir 2026 is reeds nou oop en Shihan Beukes kan kontak word by 073 994 6338 vir meer besondethede.









