GEMSBOK-KURUMAN: Kalafo Matsebe van Dibotswa Hoërskool in die Dithakong-dorp in Kuruman het bewys dat vasberadenheid en talent selfs die eenvoudigste idees in oomblikke van grootsheid kan omskep.
Matsebe se merkwaardige prestasie by die 45ste Eskom Expo Internasionale Wetenskapskou (ISF) het hom erkenning besorg as een van die Noord-Kaap se mees belowende jong innoveerders.
Die jaarlikse Eskom Expo ISF, wat vanjaar van 6 tot 10 Oktober by die Emperors Palace-konferensiesentrum in Kempton Park gehou is, het honderde top jong wetenskaplikes van Suid-Afrika en regoor die wêreld bymekaargebring. Leerders het baanbrekersnavorsing en vindingryke projekte oor ‘n wye reeks wetenskap-, tegnologie-, ingenieurswese-, wiskunde- en innovasie (STEMI)-velde ten toon gestel.
Robotika word wyd aangebied
GEMSBOK-UPINGTON: Siyafunda Education Foundation het weer eens bewys dat geen taak te groot is en geen skool buite hul bereik is nie.
Hierdie organisasie het verlede jaar met ‘n derde groep afgeleë skole begin werk waar opleiding in robotika die hoof prioriteit is. Die projek, genaamd South32 Robotics Academies, groei egter dinamies en selfs ‘n entiteit soos Epiroc het ook aan boord gekom.
Heine Kulsen en Felix Spies is al van 2019 af besig met opleiding in robotika en teiken juis hierdie ver afgeleë skole waar min tot geen soms hul verskyning wil maak. Ons het in hierdie tyd besef dat kinders presies dieselfde reageer teenoor nuwe leermateriaal ongeag hul lewensomstandighede. Dis waar Heine en Felix ‘n baie belangrike rol speel. Opleiding word aan onderwysers weekliks aangebied deur mnr .Kulsen en een keer ‘n maand word skole besoek.
Interaktiewe teaterproduksie by Oasis opgevoer
Vier lede van Storywood Inclusive Arts het verlede week hul interaktiewe teaterproduksie, “Die droë Tuin,” by Oasis Vaardigheidsentrum opgevoer. Die vier dames het die groepe met hul beweging, sang en voorlesings betower. Met gefokuste spel wat inmekaar vloei en met behulp van verskillende hulpmiddels, is droogte, reën en groei voorgestel.
Dit was Storywood Inclusive Arts se eerste besoek aan die Noord-Kaap. Hulle het al 82 vertonings in die Kaap gedoen en wil graag Namakwaland besoek. Op die foto word ‘n sprokiestuin aan die kinders voorgestel.
Interaktiewe teaterproduksie word by Oasis aangebied
GEMSBOK-UPINGTON: Storywood Inclusive Arts, ‘n nie-winsgewende maatskappy gebaseer in Kaapstad, wat toegewy is aan die skep van kunservarings vir gehore met komplekse behoeftes, bring ‘n interaktiewe teaterproduksie na Upington.
Die produksie, “Die Droë Tuin,”word volgende week, vanaf 20 tot 25 Oktober, hier op Upington by Oasis Vaardigheidskool, opgevoer.
Een van die direkteure, Margo Wood, sê alle aspekte van die produksie is rondom die spesifieke behoef- tes van die teikengehoor ontwerp.
“Ons glo dat gehore, dikwels gemarginaliseer deur gestremdheid, billike toegang tot kwaliteit kuns- ervarings moet hê en in ‘n veilige ruimte, wat rekening hou met hul spesifieke neurologiese, kognitiewe, sensoriese en fisiese behoeftes.”
Mej. Veltieland 2025 aangewys
GEMSBOK-UPINGTON: Mej. Veltieland se glansryke geleentheid, wat verlede week plaasgevind het, was ’n groot sukses en ’n spoggerige aand vol styl en talent.
Die tien finaliste het op die loopplank gestraal en elkeen het die kans gekry om hul kreatiwiteit ten toon te stel met ’n unieke uitrusting uit herwinbare materiaal.
’n Hoogtepunt van die aand was die aanddragafdeling, met rokke ontwerp deur oud-Veltie en Mej. Veltieland 2016, Lara Louise Steenkamp.
Ruhan du Toit, die briljante gaskunstenaar, het die gehoor betower met sy optrede.








