GEMSBOK-KHARKAMS: TotalEnergies EP Suid-Afrika het verlede week die nuut opgeknapte en volledig gemeubileerde koshuisfasiliteite van Kharkams Hoërskool aan die skool “terug gegee”.
Hierdie opknappingsprojek, befonds deur TotalEnergies, is daarop gemik om die lewensgehalte en leergehalte van meer as 200 leerders te verbeter, deur hulle die gereedskap en ‘n omgewing te bied wat hulle nodig het om akade-mies te floreer.
Hierdie inisiatief vorm deel van TotalEnergies se voortgesette verbintenis om die Suid-Afrikaanse jeug op te hef deur insluiting te bevorder en ‘n positiewe, langdurige impak op onderwys te hê. Die projek het direk sommige van die uitdagings aangespreek waarmee leerders te kampe het, soos om nie winterskool by te woon nie as gevolg van voorheen ondraaglike koshuistoestande.
Met die onlangse verbeterings bied die koshuis nou ‘n veilige en waardige ruimte wat leerders toelaat om op hul studies te fokus, wat verseker dat hulle gelyke geleenthede het om te slaag.
Die oorhandiging was ‘n groot sukses, bygewoon deur skoolleierskap, gemeenskapsbelanghebbendes en die Total Energies-projekspan, wat almal ‘n gedeelde visie vir opvoedkundige ophef-fing en bemagtiging vir jong studente in die Noord-Kaap vier.
“Ons is so dankbaar teenoor TotalEnergies vir hul ruimhartige ondersteuning en toewyding aan ons leerders. Die opknappings en skenkings het ‘n belangrike rol gespeel in die transformasie van ons koshuisfasiliteite en die skep van ‘n meer gemaklike omgewing waar ons leerders op hul studies kan fokus en floreer,” sluit Ann J.M. Brink, skoolhoof van Kharkams Hoërskool, af.