Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KENHARDT: In die ZF Mgcawu-distrik van die Noord-Kaap, waar die behoefte aan meer opvoeders steeds dringend is, skep inisiatiewe wat in opvoederontwikkeling belê, werklike geleenthede vir verandering. 
Een so ‘n inisiatief is ‘n gemeenskapsbeursprogram wat die 19-jarige Aaliyah Selborne ondersteun om haar studies na te streef en haar toe te rus met die vaardighede wat sy nodig het om eendag onderwys in haar tuisdorp Kenhardt te versterk.
As een van meer as 12 plaaslike jeugdiges, wat tot dusver deur     hierdie beurs ondersteun word, studeer Aaliyah haar eerste jaar deur UNISA, vir ‘n Baccalaureus in Onderwys (Intermediêre Fase). 


Geïnspireer deur haar ouma en tantes, wat al meer as 20 jaar opvoeders is, het sy ‘n passie vir onderwys ontwikkel en erken hoe waardevol onderwys is om positiewe verandering in haar gemeenskap te bring. “Sodra ek my studies voltooi het, sien ek daarna uit om ‘n passievolle opvoeder te wees wat ‘n sterk fondament van opvoedkundige ondersteuning in my tuisdorp bied. Ek het beide Kenhardt Laerskool en Kenhardt Hoërskool bygewoon en sou myself graag terug in daardie klaskamers wou sien,” het  Aaliyah gedeel toe sy gevra is oor haar visie vir die volgende vyf jaar.
Die Aries Solar Power-beursprogram dek Aaliyah se klasgelde, boektoelaes, reis- en verblyfs- koste, sowel as daaglikse uitgawes deur middel van ‘n toelaag, wat veral waardevol is aange-sien sy voltyds studeer.
 “Die beurs het enige finansiële las verlig, maar die belangrikste is dat dit my toegelaat het om in my familie se voetspore te volg,” het Aaliyah bygevoeg.
“Ons word aangemoedig om te sien hoe jong, passievolle studente soos Aaliyah die inisiatief neem om aansoek te doen vir beursbefondsing. Veral omdat sy nie net deur haar eie navor- sing oor die program geleer het nie, maar ook deur die ervarings van vorige begunstigdes en gemeenskapsbetrokkenheid. Dit wys hoe die onder-  steuning wat ons bied, steeds plaaslike jeug bereik en motiveer om tersiêre opleiding te volg,” het Harrisinah Theka, ekonomiese ontwikkelingsbestuurder by Aries Solar Power, gesê.
Sedert die bekendstelling meer as vyf jaar gelede, was hierdie beursprogram ‘n belangrike hulpbron vir studente, wat in hul opvoedkundige reise belê.