GEMSBOK-UPINGTON: Mej. Veltieland se glansryke geleentheid, wat verlede week plaasgevind het, was ’n groot sukses en ’n spoggerige aand vol styl en talent.
Die tien finaliste het op die loopplank gestraal en elkeen het die kans gekry om hul kreatiwiteit ten toon te stel met ’n unieke uitrusting uit herwinbare materiaal.
’n Hoogtepunt van die aand was die aanddragafdeling, met rokke ontwerp deur oud-Veltie en Mej. Veltieland 2016, Lara Louise Steenkamp.
Ruhan du Toit, die briljante gaskunstenaar, het die gehoor betower met sy optrede.
Die finaliste het weereens bewys dat skoonheid en harte van goud hand aan hand gaan, deur ’n pragtige bedrag van R105 000 in te samel.
Hierdie fondse is gedurende die aand aan verskeie individue en instansies oorhandig.
Toekennings van die aand:
Model van die aand: Zandri Brink
Mej. Debutante: Danel Kotze
Mej. Persoonlikheid: Janike Coffee
Mej. Fotogenies: Ruhane Combrinck
Mej. Wederliefdheid: Nicole van Zyl
2de Prinses: Janike Coffee
1ste Prinses: Step-hanie Wort
Mej. Veltieland 2025: Ruhane Combrinck