GEMSBOK-UPINGTON: Siyafunda Education Foundation het weer eens bewys dat geen taak te groot is en geen skool buite hul bereik is nie.
Hierdie organisasie het verlede jaar met ‘n derde groep afgeleë skole begin werk waar opleiding in robotika die hoof prioriteit is. Die projek, genaamd South32 Robotics Academies, groei egter dinamies en selfs ‘n entiteit soos Epiroc het ook aan boord gekom.
Heine Kulsen en Felix Spies is al van 2019 af besig met opleiding in robotika en teiken juis hierdie ver afgeleë skole waar min tot geen soms hul verskyning wil maak. Ons het in hierdie tyd besef dat kinders presies dieselfde reageer teenoor nuwe leermateriaal ongeag hul lewensomstandighede. Dis waar Heine en Felix ‘n baie belangrike rol speel. Opleiding word aan onderwysers weekliks aangebied deur mnr .Kulsen en een keer ‘n maand word skole besoek.
 Kinders ontvang ook maandeliks kospakkies sodat hulle tydens elke robotika klas wat na ure is, iets het om te geniet en ook om huis toe te neem.
Aan die einde van die jaar word ‘n kompetisie gehou waar skole (leerders) moet kom wys wat hulle geleer het. Leerders moet masjiene bou en sekere “missions” op ‘n kompetisie tafel uitvoer. 
Slegs masjiene mag gebruik word en geen hande nie. Masjiene moet egter programmeer word om sekere oefeninge uit te voer wat baie komplekse data hantering vereis. 
Van leerders word ook vereis om navorsing te doen oor ‘n sekere aspek. Hierdie navorsing sluit verskeie kategorieë in en die eindproduk moet dan op die dag van die kompetisie aan die verskeie “judges” verduidelik word. 
Hierdie “presentation” word slegs deur die leerders gedoen met geen fasiliteerders toelaatbaar in die “judging rooms” nie. UNISA te same met FIRSTSA doen presies hierdie kompetisies al vir jare. Spanne vanuit verskeie dele van ons land neem deel aan hierdie soorte kompetisies, vanaf grondslagfase tot en met matrikulante.
Ons kompetisie was egter apart omdat dit eers binnenshuis gehou was. Die kompetisie materiaal,reels,ens was wel soos UNISA en FIRSTSA dit doen. Spanne sal dus nou verder gaan om blootstelling te kry op nasionale asook internasionale vlak. Tydens ons kompetisie was skeidsregters gebruik wie op UNISA en FIRSTSA se platvorm al diens gedoen het as skeidsregters. Ons wou juis ons leerders blootstel aan hiedie tipe kompetisies.
Twee van ons skole uit die vorige groep gaan hierdie jaar deelneem aan die kompetisie gereel deur UNISA en FIRSTSA.
 Op ‘n vorige keer het mnr. Kulsen ook hierdie skole se onderwysers vergesel na ‘n kompetisie van hierdie soort om blootstelling te gee. Siyafunda Education Foundation belê nie net in die kinders en onderwysers nie, maar ook in die gemeenskappe waar hierdie kinders woonagtig is. 
Sou enige van u as besighede of andersins voel om betrokke te raak, om veral in hierdie dorp en omgewing skole te kan help, om op hierdie platvorm deel te kan neem, kontak ons gerus Heine Kulsen by 
																					








