GEMSBOK-UPINGTON: Tydens 1978 het ‘n groep jong seuns, wat in die Carlton Van Heerden Hostel gebly het, ‘n sangroep, wat bekend was as die Choir Messengers, gestig.
As jeugdiges het hulle amper elke Sondag by verskillende kerke opgetree en vakansie-tye het hulle funksies in dorpe regoor die Noord-Kaap gehad.
Hulle het ook sang-aande gehou om hulself finansieel te ondersteun
Die lede het van oral in die Noord-Kaap gekom en selfs van Namibië die destydse Suidwes Afrika - waar hulle mekaar in die Carlton Van Heerden Hostel ontmoet het.
In 1979 het die groep ‘n gesogte mannekoor-beker in Die Aar gewen.
Sefls nadat sommige van die lede weggegaan het, om verder te studeer en gaan werk het, het die groep voortbestaan.
Nadat almal hulle Hoërskool loopbaan voltooi het, het die groep se bestaan voortgegaan en die fakkel verder laat brand - en het hulle nog ‘n kompetisie gewen.
Hier volg die name van die lede wat vanaf 1978 tot 1981 in die groep was:
Pieter Steenkamp, Anthony Olyn, Nico Presslin, Simon van Staden, Gift van Staden, Lionel T Beukes, Bron DE Klerk, Karel Olivier, Jan Jently Swartz, Gert Matthys, Daniel George, Jim Swartz, Samuel Assegaai, Bertus Snyders, Freddy Bosman, Jannie Jacobs, Mervyn Steenkamp en Gilbert Koopman.
Isak Jooste en David Mollegai is intussen oorlede.
Oor die afgelope 40 jaar het baie van die Oranjerivier se water in die see geloop - en het elkeen mettertyd met sy eie ding aangegaan.
Nou gaan die groep se stemme weer na al die jare saam weerklink.
Hulle hou hierdie jaar ‘n groot reunie op die Eiland vanaf 13 tot 16 December 2024.
Die reunie is spesifiek in Upington gereël, waar hulle voetspore meer as 40 jaar gelede begin het.
Die groep se verteenwoordiger, Lionel T Beukes, het aan die Gemsbok vertel dat hulle graag die jeug inspireer met “hoe ons as jeugdiges ons lewens met sang en kultuur uitgelewe het en hoe dit ons gehelp het om sukses in ons grootmens-wêreld te bereik.”
“Na afloop van ons reunie sal ons besluit op ‘n datum en plek - waar die volgende reunie gaan wees, sodat almal betrek gaan word, wat in die daaropvolgende jare in - ons afwesigheid - in die koor gesing het en ons nalatenskap voortgesit het,” sê Lionel.