Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: Drie skool-spanne in die Noord-Kaap, naamlik die Blou Bulle van Hoërskool Carlton van Heerden, Trio WR – Hoërskool Paballelo en River Rangers van St Anna Privaatskool (Springbok), is nasionale finaliste in vanjaar se  #SAClimate Change Champs Green Opportunities Challenge .
Hierdie kompetisie was oop vir jeugdiges in graad 9 – 12 wat deel is van Climate Club gasheerskole regoor die Oos-, Noord- en Wes-Kaap. Die finaliste is gekies uit meer as 40 jeuggroepe wat vir die kompetisie ingeskryf het en ‘n voorstel aangebied het oor die krag van hul gemeenskap deur ‘n regverdige en veerkragtige oorgang na ‘n groen ekonomie. Projekte is oor sleutelsektore vir groen ekonomie aangebied.

Read more …Drie NK-skole is nasionale finaliste

GEMSBOK-UPINGTON: In ‘n poging om die uitsterwing van die pragtige San-taal - N|uu  - te voorkom, om die kontinuïteit daarvan te verseker en om in al sy rykdom te laat herleef het  7 Mei 2024  die begin van ‘n reeks N|uu-taalklasse geoormerk.
Die klasse sal op Dinsdae, Donderdae en Saterdae gratis, vir baie kinders uit die !Khomani- gemeenskap wat in Upington woonagtig is, aangebied word.
Die begin van hierdie klasse word as ‘n baie spesiale oomblik in die geskiedenis, van die hoogs bedreigde tradisionele N|uu-taal, wat deur die !Khomani- gemeenskap in die Noord-Kaap gepraat moet word, geag.
Die kinders sal ‘n unieke geleentheid kry om direk te leer by Dr.  Ouma Katrina Esau, die enigste oorlewende (vlot) spreker van die N|uu-taal,  wat ruimhartig aangebied het om hierdie klasse vir ‘n hele jaar te onderrig.

Read more …Klasse om Nluu te red

NCR TVET College se Upington Kampus het tydens ‘n glansgeleentheid op 30 April Mnr. en Mej. Upington Kampus aangewys.  Rose Shuping (18 jaar) is as mej. Upington Kampus aangewys.  
Sy is van Kuruman afkomstig en studeer tans Elektriese Infrastruktuur Konstruksie Vlak 2 by die Kampus.  Haar kop staan modelwêreld toe en sy sien ook uit om aan meer skoonheidskompetisies deel te neem.  Sy is nes mnr. Upington Kampus, Salani Madadzhe, ‘n eerstejaar student by Upington Kampus.  Salani is 17 jaar oud en oorspronklik van Venda,  maar is nou woonagtig in Upington. Hy studeer ook Elektriese Infrastruktuur Konstruksie vlak 2.  Salani staan hier met sy “intonga” wat hy in die plek van ‘n kroon ontvang het.  Dit is ‘n knopkierie wat nou sy status aandui.  

Die klassie van die !Omama Inheemse Nama Kultuurskool het na Werkersdag ‘n Beroepsi-nligtingsdag gehou.  Die hoof, Maggie Aly sê sy het vir die kinders gevra om aan te trek volgens  die beroep wat hulle eendag wil word. Sy het toe die verskillende beroepe verduidelik .
‘n Mens moet droom en doelwitte stel. Al is hulle so klein, het hulle al gekies wat hul eendag wil word. Ons sien ‘n dosent, ‘n dokter, ‘n pastoor en ‘n haarkapster. Van links is: Romano Joodt (prokureur), Semonick  Filter,  Alysha Strauss (juffrou),  Zayden Armoldus (skoolhoof),  Kiarah Jason (onderwyser), Ismail Sedumi (predikant) en Khira Koopman (haarkapster) 

 

GEMSBOK-UPINGTON: Geweld in skole, veral tussen leerders en onderwysers, het in ‘n ernstige pandemie ontaard. 
Dit is die afgelope week weer duidelik gemaak, nadat  ’n leerder (17) van die Hoërskool AJ Ferreira op Upington  ’n onderwyser aangerand het, toe hy hom konfronteer omdat hy glo dagga op die skoolterrein gerook het.
Leon Biergaard, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het aan die media gesê dat die situasie glo verer-ger het, toe die onderwyser die leerder na die skoolhoof se kantoor geneem het, wat daartoe gelei het dat die leerder die onderwyser in die gesig geslaan het. 
Die onderwyser het beserings opgedoen, insluitend ’n beseerde vinger en sigbare merke aan sy lyf.

Read more …Upington-onderwysers staak nadat leerder onderwyser aanrand

More Articles …