Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

VRL-lede van die Intermediêre Skool Louisvale het onlangs hul balkies ontvang, wat geborg is deur mnr. Lesly van Wyk, van Van Wyk Transport Service. Op die foto staan, voor: Emihle Swartz, Refilwe Gulekane, Raymond Steenkamp en Marco Raats. Agter staan me. L. van Wyk, me. E. Esau( TLO), Keenan Jansen en mnr. J. Isaks (prinsipaal). Afwesig :Ceara Botha

 

 

 
Hoërskool Kalahari se Thys Fourie is nie net Nr 1 in die SANSSU BJI 2024 span nie, maar Thys skiet ook twee 
rekords los tydens die SA’S! Hy is tans besig met voorbereidings vir die groot skiet kompetisie in Engeland.

Een keer per jaar kan Noordwes-Universiteit (NWU) toerisme honeurs-studente van die Mahikeng kampus uitsien na ‘n toerisme toer, en hierdie jaar was Upington hulle eindbestemming. 
Die doel van hierdie jaarlikse toer, volgens dr Walter Wessels, toerismedosent en programleier op die Mahikeng kampus, is om studente die geleentheid te gee om die toerismebedryf eerstehands te ervaar en nuwe industrie groei geleenthede raak te sien. 

Read more …NWU toerisme studente “ontdek” die Groen Kalahari

GEMSBOK-CALVINIA: Juffrou Marlene Jooste het onlangs ‘n baie geslaagde fliekaand vir die jeug in die Lenie Skippers Gemeenskapsaal gehou.
Meer as 60 jongmense het die aand bygewoon. Lede van die Polisie Gemeenskapsforum was ook teenwoordig. 
Kaptein Visser het oor geslagsgeweld gepraat, leraar Jooste oor keuses wat elkeen maak en juffrou Marlene het gesels oor tienerswangerskappe, HIV/Vigs en ander geslagsiektes.
 Die video, “ Save our daughter” is vertoon. 
Na die fliek is daar ‘n bespreking gehou. Juffrou Marlene sê, “Ons het die kinders huis toe gestuur met popcorn en ek het gesien die fliek en geselsies het hulle baie geraak. Vir ‘n paar was dit baie erg, maar dis dinge waaroor ons moet gesels. Alle lof en eer aan die Here”, het sy afgesluit.

 

 

 

GEMSBOK-UPINGTON: By Hoërskool Duineveld sal Nasionale Melktertdag, 27 Februarie 2024, lank onthou word. Juffrou Sharlene Venter het die idee van ‘n melktertverkoping gehad en die hele skool was vuur en vlam.
Die Afrikaans Huistaal graad 12 D klas, van juffrou Sharlene, was so entoesiasties, dat hulle  sommer onmiddellik na die verkoping afgekondig is, 20 melktertjies bestel en betaal het. Daarna het die bestellings ingestroom tot ‘n rekordgetal van 970!
 Die melktertjies, wat deur SPAR gebak is,  was ‘n lekker grootte en suikersoet. ‘n Mens kan regtig verstaan hoekom die tradisionele melktert steeds gewild is in Suid-Afrika.
Hierdie fondsinsameling is ook gehou ten bate van die Kultuurgroep in Veltieland. Om betrokke te wees by kultuur, is  ‘n groot lekkerte in Duineveld.

Read more …Velties vier nasionale Melktertdag

More Articles …