Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-FRIëRSDALE: Dit voel soos 'n droom. Hoe kan ons die  beste skool in ZFM DISTRIK wees? Hoe kan ons die beste quintile 1-3 skool wees in ZFM uit 20 Skole? Hoe kan ons ook 'n leerder in die top 20 in  ZFM hê?
Die waarnemende skoolhoof, mnr. Isaacs en sy personeelkorps is baie trots op hul 2024 matrieks en spog omtrent met 100% slaagsyfer. 
Gr. 12 is sedert 2017 infraseer waar net ‘n  16,7 % slaagsyfer behaal is. Elke jaar kon die skool daarin slaag om geleidelik hul pre-stasie te verbeter. 
Sedert 2020 het die skool nie meer onderpresteer nie en opwaartse styging jaarliks getoon. Hierdie uitnemende en besonderse prestasie is te danke aan die volgehoue toewyding en volharding van opvoeders, ouers, gefokusde en doelgerigte leerders. 


Baie dankie aan die graad 12-klas van 2024 vir hul vasberadenheid en ywerigheid om volhoubare leer te verseker in die meeste vakke. Nogmaals dankie vir elkeen se bydrae om 100 % te kon behaal in 2024
Die skool wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om vir ons afgetrede skoolhoof, mnr De Klerk, baie dankie te sê vir sy toegewydheid teenoor die skool. Hy was deel van die skool se uitmuntende prestasie en ons wens hom goeie gesondheid toe en sterkte met alles wat hy  nog vir die skool sal doen. Sterkte ook aan die nuwe waanemende skoolhoof, mnr Isaacs.
Die skool se wenresep is:  Die handhawing van dissipline is hoog op die lys. Dit is die begin van opvoe-ding. Individuele fokus op elke leerder deurdat elke leerder 'n mentor opvoeder gekry het om leerders by te staan deur die jaar. Aanhoudende kommunikasie, huisbesoek en intervensie klasse. 
Sterkte aan die matrieks van 2025.