Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-LOUISVALE: Op die her-opening van die 2025 akademiese jaar en die viering van hul 100 ste verjaarsdag, het ouers, onderwysers en leerders die skool op die gepaste manier begin.
Die skool het die nuwe graad R en nuwe graad 1’s asook graad 8 leerders van Leseding verwelkom tydens die saalbyeenkoms. 
Die ouers se betrokkenheid by die kind se onderrig en leer vanaf graad R tot graad 8 is beklemtoon deur die SBL voorsitter, mnr. Brentley Pretorius.”Ouers moet betrokke raak in die kind se opvoeding en hande vat saam met die onderwysers en bydrae tydens fondsinsameling om ‘n beter toekoms en atmosfeer te skep vir die vooruitgang en sukses”.


Die raadslid, mnr Adam Visser, Wyk 12, het ouers gevra om toesig te hou oor die skool wat deur kinders daagliks geplunder word. Hy het die R100 0000 se fondsinsameling begin, deur self R5000-00 te skenk om geriewe op te knap en geriewe te skep.
“Ons nuwe rowwe juwele in graad R en graad 1 begin die akademiese skooljaar en samewerking van almal word vereis om die toekomstige leiers in alle sektore te vorm”, aldus die prinsipaal. mnr Wally Cloete.
Nuwe opvoeders is ook verwelkom en veral die Wiskunde Departement, Engels en Graad R, is met jong dinamiese onderwysers versterk.