Te min speurders laat sake sloer
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Byna twee miljoen strafsake is sedert 2018/19 nie aangehoor of afgehandel nie weens gebrekkige dossiere.
Dit het aan die lig gekom nadat dr Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, hieroor ‘n vraag in die parlement aan die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola gevra het.
Volgens hom is die dossiere terugverwys na die betrokke speurders met spesifieke aanwysings vir verdere ondersoekwerk aangesien aanklaers weet dat hulle nie sukses kan behaal met swak dossiere nie.