Rook oorval Issie en haar papegaai
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Issie Knox was ‘n statige dame en jy kon haar altyd deur ‘n ring trek.
So beskryf Jan Pretorius sy geliefde tante. Issie (81) het in Elmstraat, Flamwood gebly en sy het op Donderdag 15 Februarie aan rook inaseming gesterf. “’n Brand het in haar huis uitgebreek en haar slaapkamer is verwoes. Sy was nie in staat om my te bel nie, maar ons kan sien sy het probeer om uit die huis te kom. Die nooddienste het haar lyk by die agterdeur in die kombuis gekry. Sy het geen brandwonde gehad nie,” sê Pretorius.