Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Herlewingsentrum langs die N12 het die afgelope naweek ‘n nuwe pastoor verwelkom én onlangs ‘n geliefde pastoor gegroet.

Leroux du Toit, sy vrou Nastassja, dogtertjie, Miné, en seuntjie, Levi-Carter, verhuis eersdaags na Kanada. Hy is ‘n bekende gesig in die stad, was betrokke by gemeenskapsprojekte en het ook in die orkes in die kerk gespeel. Hy was die medepastoor, en grootliks verantwoordelik vir die transformasie in die kerk. Hy is beroep na ‘n gemeente in St Catherine’s naby die Niagara-valle. Du Toit het in Julie sy uittreepreek gelewer. 

 

Stephen Kaalsen het die afgelope naweek sy intreepreek in die kerk gedoen. 

Hy is ‘n nuwe medepastoor by die kerk. Hy is reeds ses jaar in die bediening - eers op Bloemhof en toe by Lede in Christus in Freemanville. Hy was in Klerksdorp op skool. “Ek het vier maande gelede ‘n droom gehad dat my tyd by Lede in Christus tot ‘n einde kom en vier nagte later weer ‘n droom met ‘n sleutel voor die Herlewingsentrum. Ek het besef dis hoe die Here vir my ‘n nuwe pad wys,” vertel hy.

Hy is amptelik op 1 September beroep en sy intreepreek het op Sondag 3 November plaasgevind.

Hy vertel hy beplan betrokkenheid by die gemeente en gemeenskap en wil “die hande en voete van Jesus Christus op Aarde wees”.