Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Klerksdorp Markte en Pretlope se volgende mark by Pick n Pay Hipermark is op Saterdag 28 Junie van 09:00 tot 14 00.
Die hoofdoel van die mark gaan wees om geld in te samel vir die Orkney en Klerksdorp Diereskuiling. Volgens Tinus van Staden, organiseerder, is die skuiling vier keer vanjaar oorstroom en het die instansie groot skade gely. Nou is dit winter en dit is belangrik dat daar fondse beskikbaar moet wees om hul verpligtinge na te kom.
Diane Jacobs, bestuurder, sal in “aanhouding” wees vir ‘n borgtog-insameling tussen 09:00 en 14:00. Sy sal vrygelaat word as ‘n bedrag van R2 500 ingesamel is vir haar vrylating.
Ondernemings en die gemeenskap van Klerksdorp word genooi om deel te wees van die insameling en skenkings te maak sodat die mark kan help om die skuiling by te staan. “Sonder die gemeenskap se ondersteuning kan die projek nie suksesvol wees nie. Kom ons wys ons gee om en word deel van die projek,” sê Van Staden.
Honde- en katkos sowel as komberse kan ook na die mark gebring word. Daar sal sowat veertig uitstallers wees wat gereed sal staan met ‘n groot verskeidenheid heerlike kos- en snuffelstalletjies. Daar is nog stalletjiestaanplek beskikbaar.
Skakel Tinus vir navrae en stalletjiebesprekings by 083 294 8077.