Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Harry Nysschen snr is ‘n legende in die plaaslike motorbedryf.

Hy is op 13 Junie op 88-jarige ouderdom in die Life Anncron Hospitaal oorlede. Sy hart het ingegee en hy het op die operasietafel gesterf terwyl hy ‘n stent gekry het. 

Nysschen was ‘n verkoopsman by Leba Motors in die 1960’s toe die eerste Toyota vrygestel is. Hy het van die eerste Toyotas in Suid-Afrika verkoop en het bekendgestaan as Mnr Toyota. Hy het ook later BMW’s verkoop.

 

 

 

Volgens sy broerskind, Nico, was sy oom ‘n man met ‘n oop hand, en beslis ‘n man om te ken. “Hy het baie vir die gemeenskap gedoen en was hy glad nie suinig nie. Hy het ‘n hart van goud gehad,” sê hy.

Harry se pa, Hans, was ook baie bekend in Klerksdorp, want hy het die eerste busdiens in die stad bedryf. Harry se begrafnisdiens het op Vrydag 21 Junie by die Hervormde Kerk, Doringkruin plaasgevind. Sy seun, Harry jnr, was teenwoordig, asook sy dogter, Renske. 

Sy vrou, Chrissie, is sowat ‘n jaar gelede oorlede. Harry jnr is ‘n vlieënier in Japan en het spesiaal ingevlieg vir die begrafnis.