Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Herlewingsentrum bied ‘n Valentynsete aan met ‘n verskil.

Die kerk in Connielaan se ete vind plaas op Donderdag 21 Februarie en die “hoofgereg” is ‘n bespreking oor die belangrikste deel van ‘n verhouding - kommunikasie!

Gustav en Elna Muller sal die gesprek lei. Hy is ‘n verhoudingsmentor en gewilde internasionale aanbieder met meer as dertig jaar ervaring. Die Intiem tydskrif behoort aan hom. Hy het ‘n passie vir verhoudings en geniet dit om paartjies te help met praktiese beproefde verhoudingsadvies. Hy en Elna is meer as 36 jaar getroud.



Die kaartjies kos R300 per paar en dit sluit ‘n heerlike ete in (met nagereg), die gesprek oor die liefde én paartjies kan ook oor vyf weke ‘n ondersteuningsgroep bywoon oor die liefde asook die finalé na die kursus.

Die byeenkoms sal om 18:00 in die saal plaasvind en gelukstrekkings sal ook plaasvind met ‘n midweek-wegbreek aan die Natalse Suidkus op die spel.

Skakel Roelien by 066 092 9902 om jou kaartjie te koop. Sy beskryf dit as die beste belegging wat jy vanjaar in jou huwelik kan maak.