Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die vloed verlede week het baie mense se karakters getoets. Sommige was te bang om uit hul huise te kom en ander was dadelik gereed om ander in nood te help.

Bertus Kotzee, die eienaar van die Protea Hotel en Akasia Gastehuis, het nie tweekeer gedink toe hy om hulp gevra is nie.

Die afdeling vir verswakte pasiënte by die Panoramapark Aftreeoord is ontruim toe die water begin styg het op Woensdag 19 Februarie.

 

 

Waarheen neem jy die pasiënte? Bertus het dadelik kamers by die gastehuis beskikbaar gestel en sekergemaak dat daar kragopwekkers is, want van die pasiënte is deurentyd aan suurstof gekoppel. Die pasiënte is met ambulanse na die gastehuis vervoer.

“Romke de Jongh van die Songloed Buurtwag het my genader. Ons is betrokke by City on a Hill. Ek is ‘n pastoor daar,” het hy beskeie aan Klerksdorp Rekord gesê. 

Volgens hom was dit net vyf mense en hulle was drie dae in die gastehuis, maar hy was bereid om die hele hotel en gastehuis beskikbaar te stel indien die water hoër gestyg het en meer mense ontruim moes word.

Volgens hom is dit ‘n klein opoffering in vergelyking met wat ander mense gedoen het. Dit het egter verseker dat vyf siek mense buite gevaar is.