Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die AfriForum-tak in Klerksdorp het ’n beroep op die Matlosana  Munisipaliteit gedoen om die laagwaterbrug in Leemhuisstraat dringend te beveilig voor ’n tragedie hom daar afspeel. 

“Die stormwaterkanale in die straat word nie skoongemaak nie, wat veroorsaak dat die brug oorstroom sodra dit baie reën,’’ sê AfriForum se Alta Pretorius.

 

Die brug het ook nie reelings langs die kante nie sedert ‘n motor op 5 Februarie in die Skoonspruit beland het nadat reënwater in die pad opgedam het. Die afgelope naweek was daar ook ’n paar noodgevalle omdat die brug oorstroom was weens die aanhoudende reën. AfriForum se Songloed-buurtwag het die straat van die laagwaterbrug dag en nag gepatrolleer en dit afgesper tot waar Leemhuis- en Steynstraat kruis. Ten spyte daarvan dat motoriste gewaarsku is om alternatiewe roetes te neem, was daar steeds motoriste wat hierdie waarskuwing geïgnoreer het en die oorstroomde laagwaterbrug met hul voertuie aangedurf het.

Met die eerste voorval het ’n motoris met sy voertuig oor die brug probeer ry maar toe in die spruit beland. Daar was onmiddellike reaksie van Songloed-buurtwag, die plaaslike La Hoff-buurtwag, Netcare 911, die polisie en die verkeerspolisie. Die bestuurder is betyds uit die voertuig gered sonder ernstige beserings.

In ’n ander voorval het twee jong mans en ’n bejaarde vrou in die stroom beland en moes met ’n opblaasboot uitgeroei word. Hulle wou die laagwaterbrug te voet oorsteek, maar die stroom was te sterk.

Die Songloed-buurtwag het ook gehelp om inwoners se huise en ouetehuise te ontruim, diere en kleinvee op kleinhoewes na veiligheid gebring, die konstante monitering en bemanning van die laagwaterbrug, asook die deurgee van inligting aan die gemeenskap.

Buurtwaglede is tans besig om gevaarlike vloedskade aan die strate te identifiseer. Slaggate is al in Yusuf Dadoostraat en Buffelsdoornweg herstel.